Twee vroue in Amanzimtoti deur honde aangeval

Kaylie Vermeulen (Foto: Facebook)

WAARSKUWING: Foto’s onderaan die berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe kykers nie.

Twee vroue het ernstige beserings opgedoen toe hulle in Illovo Beach in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, deur vyf honde aangeval is.

Kaylie Vermeulen (28) het aan Maroela Media gesê die voorval het Maandag plaasgevind. Sy was die oggend omstreeks 06:30 op pad werk toe, toe sy in die straat waar sy woon, ʼn vrou langs die pad gesien lê het met ʼn man wat by haar staan.

“Die vrou het geskree en ek het stilgehou. Ek het toe eers besef die vrou word deur honde aangeval en die man probeer haar help. Die honde was besig om die vrou te verskeur en hy het probeer om hulle met ’n stok van haar te verjaag.”

Vermeulen het gesê een van die honde het in die straat afgehardloop na ’n huis toe. “Ek het aangeneem dit moet die eienaars se huis wees, en ek het ’n ouerige man buite die huis gevra of dit hulle honde is, want die honde is besig om ’n vrou aan te val. Die man het net omgedraai en in die huis in gegaan. Nóg ’n man het later uit die huis gekom en toe die honde daar aankom, het hulle my voor die mense se hek aangeval. Ek het geskree en JP Swanepoel, wat die ander vrou, Prudence [van onbekend], gehelp het, het na my toe gekom om my ook te help. Ek kan nie eers onthou hoe hulle die honde van my af gekry het nie.”

Sy sê die eienaar het daarna die hek oopgemaak, waarna die honde teruggehardloop het in die erf in.

“Ek het hulle gesoebat om die ambulans te bel. My motor het intussen ook nog in die straat gestaan en JP het gehelp om my motor te parkeer. Ek kon darem my ma bel en sy het ook na my toe gekom.”

Volgens Vermeulen het die eienaar, en nog mense wat op die erf bly, buite die huis gestaan, maar haar nie gehelp nie. “Eers toe my ma daar aankom, het hulle gedink daaraan om verbande te gaan haal.”

Vermeulen het ernstige beserings aan haar regterbeen en hand opgedoen en skeurwonde aan die res van haar lyf. Sy het reeds ’n nood- plastiese chirurgie-operasie ondergaan en is steeds in die hospitaal.

Prudence het ook baie ernstige beserings opgedoen. Sy is aanvanklik na ’n hospitaal geneem waar hulle net haar wonde skoongemaak en haar met pynpille huis toe gestuur het. “Ons het gehelp dat sy na ’n ander staatshospitaal toe oorgeplaas word en sy ontvang nou ook behoorlike behandeling.”

Swanepoel het aan Maroela Media gesê hy was ook op pad werk toe, toe hy ’n gewoel langs die pad opgemerk het. “Ek het eers gedink die honde is besig om iets te byt, toe ek besef dis ’n mens wat hulle aanval.”

Die honde wou Swanepoel ook aanval, maar hy kon hulle aan die strot gryp.

Volgens hom is vier van die honde kruisings en die vyfde hond is ’n ses maande oue Amerikaanse veghond (“pitbull”).

Hy sê dit was vir hom ʼn natuurlike reaksie om stil te hou en die vrou te help. “As dit my vrou of kinders was wat aangeval word, sou ek graag wou hê iemand moet stilhou om hulle te help.” Hy sê die voorval het in ʼn besige straat gebeur, maar niemand anders het stilgehou om te help nie.

’n Saak is aanhangig gemaak by die polisie in Amanzimtoti.

WAARSKUWING: Die volgende foto’s kan kinders of sensitiewe kykers ontstel. Let asseblief daarop dat hierdie slegs enkele van die beserings is wat die vroue opgedoen het. Maroela Media se redaksie het gekies om nie al die foto’s te publiseer wat aan ons verskaf is nie.  

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Johan ·

Hierdie eienaar moet summier van al die moontlike aanklagte, insluitende poging tot moord aangekla word. Hy hoort nie in die samelewing nie.

Tronkie ·

Reguit tronk toe met die eienaar en die res wat nie gehelp het in daardie huis nie.

clipper ·

Stem saam, as jy honde het moet hulle jou gehoorsaam en hulle hoort agter geslote hekke, nooit op straat sonder n leiband nie

Lizelda ·

Se ek ook. Klink my die eienaar vd honde het n “traak my nie agtig” houding gehad. Vandag word die honde uitgesit en more kry die lakse, slegte eienaar net weer honde so stop die probleem nie.

Amelia Steenkamp ·

Ek sal die voorval en die man wat my n paar jaar terug gered het nooit vergeet nie.Die honde het op my af gestorm terwyl ek die oggend gaan stap het.Ek het die tande van die hond oor my bobeen voel gly,doodstil gestaan en om hulp geroep.Die man het op sy fiets aangekom,gestop en die honde probeer kalmeer.Hyt my gevra om te loop terwyl hy by honde gestaan het.Ek was verrrr weg op n veilige afstand toe hy weg ry van die honde af.Baie dankie mnr Onbekend,ek onthou dit steeds en sal my lewe lank.Dit was n paar oomblikke van vrees wat ek nie in woorde kan beskryf…..

Wikus ·

Dit gaan die eienaar/eienare ‘n klomp geld kos. Die mediese rekenings alleen gaan hulle waarskynlk bankrot maak. Dit is nou net die siviele kostes. Daar is waarskynlik ook kriminele aanklagtes wat wag.

Klopjag ·

Dit klink vir my of daai honde mishandel word en opgelei was om te baklei.

Hoop die slagoffers herstel gou en dat daar ernstige klagtes teen daai honde se eienaars gelê word.

Dellie ·

Ek is geneig om saam met jou te stem Klopjag.
Hoop die diere se omstandighede word ernstig ondersoek!!!!

Sterke aan die pasiënte.

Johan ·

Ek hoop die honde is intussen doodgeskiet en die man in hegtenis geneem. Sy optrede was krimineel.

sweis ·

Hoeveel pitbulls was die afgelope paar maande verantwoordelik vir aanvalle op mense en selfs verantwoordelik vir die dood van mense ,verban daardie moordmasjiene

Lizelda ·

Se ek ook. Klink my die eienaar vd honde het n “traak my nie agtig” houding gehad. Vandag word die honde uitgesit en more kry die lakse, slegte eienaar net weer honde so stop die probleem nie.

Jerry ·

Mnr. Swanepoel en Kaylie, welgedaan met julle optrede om julle eie lewe in gevaar te stel om medemense in lewensnood van hulp te wees.Geen mens verdien om in n straat so deur honde verskeur te moet word nie en was dit nie vir Mnr. Swanepoel en Kaylie se heldhaftige optrede nie kon dit n tragiese einde gehad het. Spoedige herstel word vir Kaylie en Prudence toegewens en mag geregtigheid teen die eienaars van die honde geskied.

PR ·

Jerry ek stem saam. Mnr. Swanepoel en Kaylie is helde om te waag wat hulle gedoen het. Waar ons in so ‘n uiters negatiewe politieke wereld lewe is hierdie so ‘n goeie voorbeeld van hulp aan jou medemens. As die eff en bfl hiervan kan kennis neem, wat sal hul daarvan dink? Spoedige herstel vir Kaylie en Prudence, wat ongelukkig na ‘n staats hospitaal moes gaan.
Hoe minder van die honed eienaar gese word, hoe beter. Is nie honed se skuld, is sy skuld. Jammer, maar hoop hy word uitgeroei, wil nie eens help nie.

Onsteld ·

N persoon se honde wat so optree behoort nie Diere te he nie. Hoop die Diere is van kant gemaak en eienaar word aangekla vir poging tot moord. Ek bid vir slagoffers vir spoedige herstel. Dankie aan persoon wat Prudence gehelp het asook vir Kalie.

JR ·

Dagvaar daai eienaar vir elke sent wat hy het. Sodoende sal hy nie weer honde kan bekostig nie.

Het gegoor. ·

Gister op nuus gese DBV gaan honde uitsit en SAPD gaan eienaar vervolg.

Sterkte met die herstel proses

Anti ANC ·

Hietdie provinsiale hospitals beteken niks…my pa is gisteraand 10uur in Bethal Hospitaal oorlede…hulle bel van oggend 5uur…want hulle mag nie tussen 10 en 5 uitbel nie. Die lykshuis is nie in werking nie. My broer moes Maryin’s Funerals uit kry om my pa uit die hool van ‘n hospitaal te kry. Daar is geen deure by die toilette …dis af…en die stank daar is iets vrrskriklik. …weet die wasrheen is alles oppad nie…???

Anti ANC ·

Skies vir die vinger foute…maar julle kruy die prentjie
Martins funerals Evandet het my pa gaan haal

Iemand ·

Hai, eks vreeslik jammer oor jou loss(verskoon my Engels), my pa het ‘n jaar terug ‘n hard aanval gehad, ons weet nie hoe lank voor ons hom gekry het nie, so ons weet nie of hy reeds dood was nie. Ons het met hom hospitaal toe gery, die naaste een was ‘n staat hospitaal… Hulle het hom dood verklaar met sy aankoms sonder om behoorlik hom eers op te neem. Ek kan myself nog skop dat ek gesê het ons moes soontoe gaan, dit was die naaste… Die hospitaal het ons amper niks gehelp nie, net ons aangekyk. Die doktor aan diens, het ons in wat ek net kan aanneem was ‘n ou operasie saal, met ons gepraat. Martins het ons ook goed gehelp en darm al die aand my pa kom haal. Ek wonder altyd of my pa dalk nog hier sou wees as ons na ‘n ander hospitaal toe gery het met hom, dit was so ‘n skok gewees ek kon nie behoorlik voel vir ‘n pols of reg dink nie…

fred ·

my innige meelewe met die afsterwe van jou Pa….ja dit is wraakroepend om so behandel te word…..sterkte vorentoe

Ann ·

Ja, dis die eienaar se skuld, Charlene, maar is dit hy wat die mense gebyt het? Nee, dis die honde. Die eienaar het blykbaar nie verantwoordelikheid aanvaar nie, so die honde is net so skuldig.

Bietjie baie ·

Dankie aan JP wat die vroue gehelp het. Jy en Kylie is altwee helde in my oe.
Die ander vrou sou dood gewees het sonder Kylie en JP se hulp.

Speedguard ·

Julle durf en daad word hoog op prys gestel , dit het my ook oorgekom maar ongelukkig het ek nou op my rype ouderdom agtergekom dat alhoewel ek my nie aan dit gesteur het nie maar ” geen goeie daad word ongestraf gelaat nie”, sterkte en weet ek watse verskriklike ondervinding jul beleef het !!!

DS ·

Ann dis die eienaar se verantwoordelikheid om die honde in die erf te hou. Indien dit nie gebeur nie is hy verantwoordelik vir enige beserings aan persone wat buite die erf gebyt word. Ongelukkig vir die honde het hulle ‘n onverantwoordelike eienaar en as gevolg daarvan sal hulle nou van kant gemaak word. EIENAAR is die verantwoordelike!

Cobus.panther ·

Het jare terug hond in Bethal straat doodgeskiet omdat hy kinders wou byt en oor die draad bly spring….eienaar net bly skouers optrek….

Willie Haasbroek ·

Jy hoort in die tronk. Onregmatige afvuur van ‘n wapen in die publiek. Opsetlike saakbeskadiging en diere mishandeling. Twee verkeerde dade maak nie ‘n regte daad nie. Jammer, maar jou “vigilante” houding dra by tot die huidige wetloosheid in the land.

Alta ·

Welgedaan Cobus! Willie, ek stem nie met jou saam nie. Wat moes hy gedoen het, maar net skouers opgetrek het soos die eienaar en dan tong geklap het as die kinders uiteindelik aangeval was? Die hond was aggressief, nie binne gehou nie, die eienaar het dit geweet maar niks daaraan gedoen nie. Cobus sê nie wanneer dit was nie – dit kon gewees het voor daardie wet daar was. Dit was in elk geval nie die lukrake afvuur van ‘n vuurwapen vir die pret nie – dit was ‘n doelbewuste aksie ter verdediging van kinders. Hy het nie die hond mishandel tot hy dood was nie, hy het hom geskiet – oombliklike dood, geen lyding. As die hond kinders aangeval het, sou hy in elk geval van kant gemaak moes word, so Cobus het dit net gedoen vóórdat daar kinders seergekry het of doodgebyt is.

Peta ·

Well done Cobus,ek sal dit ook doen as dit nodig is.Dan moet die eienaar eerder hardloop en wegkruip tot die polisie eendag kom.Anders kry ek nog n klag van aanranding by.

Linda ·

So jammer vur sie slagoffers. Eienaars moet verantwoordelik gehou word want dus hul plig om himde in hul erf te hou, en honde moet uitgesit word as hul dit 1keer gedoen het, sal dit weer gebeur. Ons self het ook pitbulls en ek baie lief vir diere maar daai honde moet reg groot gemaak word. Enige vorm van intimidasie en diskriminasie en jy sit met n moordenaar.

Cori Changuion van der Elst ·

Vyftien woefies van “baba” tot “vaarwel” fase met liefde gedeel, waarvan vier Bulterriers was. Alle honde, veral die tipe “vegter-honde” MOET basiese opleiding ontvang. Hondeskool? Bekostigbaar? Baie boeke en e-boeke beskikbaar. Die algemene siening van hondgedragskundiges is dat ‘n hond se gedrag meerendeels dié van die eienaar weerspieël, of ‘n reaksie is a.g.v die gedrag van die eienaar. My siening t.o.v hierdie honde se eienaars? Net soos woefies ‘n “PACK” vorm het hierdie eienaar en naastes ook ‘n “PACK” gevorm, wat onverantwoordelikheid en wie hulle moontlik in gedrag is wat deur hulle weerspieël word. Dit gaan nie oor hulle nie maar oor ONS – HONDELIEFHEBBERS. Mag die uiteinde vir hulle ‘n LEERSKOOL van refleksies wees.

Leeu ·

Eis miljoene van hierdie eienaar sodat ander eienaars van hierdie honde kan sien wat gebeur as hy nie sy hond in sy erf kan hou nie! Hier in P.E. word driemiljoen Rand geeis deur n man wat se arm geamputeer is na hierdie veghonde hom beet gehad het! Laat die eienaar ook pyn voel. Ek weet , want ek was self aangeval!

Anti ANC ·

Iemand baie jammer om te hoor oor jou pa en die slegte behandeling wat julle en jou pa moes deurmaak

Arno ·

Ai Kaylie, jammer oor dit wat julle moes deurmaak. Ek hoop op spoedige genesing van jou beserings en pyn.
Wend jou tot die beste van regshulp en eis alles moontlik van die mense. Moenie enige genade betoon nie. Die honde moet van kant gemaak word, hulle gaan nie nou ophou nie.
Baie sterkte vir jou en die ander vrou.

? leser ·

sterkte aan die wat seergekry het en dankie aan die samaritane
daar waar die honde ingehardloop het sal die eienaar dalk se dat sy hek oop was en die “benoude” honde het die eerste oop hek gekies om in te hardloop, = dis nie my honde nie=
maak nie saak nie, hy sal maar die skuld moet dra

Nika ·

@Magnis, een pitbull…. wat n puppy is, die res is kruisings lees die berig mooi.

Lizelda ·

Magnis ek se weer, lakse, slegte, onbevoegde eienaars WEER…

Lerato ·

In die tyd waarin ons lewe is die beskerming wat ‘n goeie hond kan bied van onskatbare waarde.
Twee voorwaardes.
1 die hond(e) moet goed opgelei wees, sodat die eienaar hulle kan beheer.
2 Die eiendom se heining moet sodanig sterk en sekuur wees dat die honde nie straat toe kan gaan nie.

Lizelda ·

Ek stem 100% saam met jou Lerato. Maar dit is die verskil tussen verantwoordelike, liefdevolle honde eienaars en onverantwoordelike mense. Wanneer my Pitbull in die tuin is, is die hek gesluit, d muur is 6 voet en wanneer ek met hom gaan stap is hy aan n sterk halsband, is ons altyd 2 mense. Wanneer ons n hek sien oopgaan staan ons ver vd ander hek om te sien dat die hek eers toegaan voor ons verder stap om n mmoontlike bakleiery te vermy. Verder is ons pitbull deel vd gesin hys nie net n hond nie…

Gretha Steyn ·

Hoekom was die honde nie in die erf nie? Ek het self n Pitbull gehad. Maar was opgelei en met die grootste liefde grootgemaak. Dis dalk prakties nie moontlik maar mense met sulke honde moet gedwing word om honde op te lei. En streng regulasies moet gevolg word as jy so hond wil aanhou. My opinie is dis hoe jy hulle grootmaak.

Thea ·

Absoluut onaanvaarbaar…..honde moet gladnie in n straat wees sonder n leiband en toesig nie……dis n resep vir n ramp

Cherokee ·

Ek het in die ry gesien hoe ‘n ‘n hond, nie pitbull maar ‘n opregte pavement special, ”n swart vrou aanval. Uit my kar gespring en om een of ander onverstaanbare rede het die middelslag grootte hond vir my geskrik en in hul erf ingehardloop. Toe sien ek die eienaar in die erf wat net staan en kyk daarna. Ek en Roelf het mekaar goed genoeg geken om mekaar op die naam te groet in die straat, maar ek het hom duidelik laat verstaan as die swart vrou beseer was sou ek vir haar getuig het in ‘n hof. Hy het net woordeloos gestaan. Sommige mense moet nie diere hê nie.

Es ·

Dankie genade tog vir JP wat tog albei die dames kon te hulp snel. So dankbaar hy het nie onder die honde se aanval geswig nie. Dit is so jammer dat baie mense net n bli de oogdraai in vandag se tyd.

Linda van Mosselbaai ·

Sjoe – dis darem verskriklik al die gebeure – Sterkte aan almal betrokke.

Jean ·

5 honde en net 1 word genoem en almal haat weer pitbulls, ‘n 6 maande puppy…
Honde is eintlik troeteldiere mar a.g.v. SA se misdaad word honde aggressief groot gemaak.
Sterkte aan die vrouens .

Valerie ·

Gevaarlike gediertes hoort nie in die samelewing nie. Wat sal dit vat voordat mense, wat dink honde is kinders, om dit te besef. Maak die vieslike honde vakant. Mens of dier. Kies.

Kiewiet ·

Sjoewie dis vreeslik,so jammer hierdie het met Julle gebeur en ek bid vir julle volle herstel!??????
Ek wil net graag ook die volgende noem,daar is gesê,:daar was ñ pitbull betrokke die res was kruisings…(ek is ñ verantwoordelike Pitbull eienaar en sorg dat my hond in my erf bly juis omdat die stigma oor die ras so lelik is,my hond is soos ñ kind vir my en daarom dat ek my huiswerk gaan doen het en hom REG groot gemaak het)…Nie alle Pitbulls is monsters nie,dis die mens wat van hulle monsters maak,hierdie honde is deur monsters groot gemaak en dis in my meening dat julle hierdie genors mense moet ry vir alles wat hulle het!!En dat hulle NOOIT weer enige diere mag aan hou nie,nie eers ñ budgie nie!!??Baie sterkte voorentoe!!!????

tinker ·

Die eienaars moet verandwoordelikheid neem, hond val ni some net aan ni. Ek ruik n rot…. einige ander eienaar sal tog help.

Valerie ·

Mense soos jy way altyd vir die verdomde honde opkom raak nou regtig ‘n pyn. Jy ruik geen rot nie. Dier of mens. Kies.

Christo ·

Selfs my Labrador, al is sy stokoud, word glad nie toegelaat om naby kinders of vreemdelinge te kom nie. Sy is uiters gehoorsaam, maar bly nog steeds ‘n dier wat kan byt. Dit was uiters nalatig en die eienaar is aanspreeklik. Elke eienaar van ‘n hond moet ten alle tye in beheer wees daarvan.

Nika ·

As julle gaan lees is net een hond n pitbull die res is kruisings. As n volwasse pitbull n mens byt sal die wonde baie baie erger as dit lyk.

Liendempers ·

SOms wonder ek hoeveel probleme sou opgelos kon wees as ons die eienaars sommer selfde tyd kon “uitsit”. Miskien moet honde aanhou gehanteer word soos wapenlisensies? Bevoegdheid moet bewys word. En as jy onbevoeg bevind word, moet jy maar in n bachelor woonstel loop intrek, met geen plek omnhond aan te hou nie

Heksie ·

So lief as wat ek vir diere is skiet ek al hierdie honde op die plek dood! Die eienaars weet seker wat nou op hul wag ….

Anoniem ·

Ek is ‘n paar jaar gelede self deur ‘n hond wreed aangeval……mense wat my kom help het, het ook later dit beskryf dat hulle gedink het dit is ‘n pop wat rondgesleep word. Ek haat nog steeds nie honde nie, MAAR skud net my kop as mense sê “My hond het nog nooit iemand aangeval nie”, glo my net een keer is te veel. Na eerste keer moet so ‘n dikwels uitgesit word, want hy sal dit heel moontlik weer doen. Iets word “getrigger” in die dier.

Anoniem ·

Dit bly ‘n honde eienaar se plig om toe te sien dat sy/haar honde binne die erf bly, meer so indien dit gevaarlike honde is. Ek stap gereeld met met my vuurwapen aan die sy, onder my hemp verberg soos die wet vereis. Sou ‘n gevaarlike hond uit ‘n erf kom en my op straat aanval, skiet ek die blikskottel net daar vrek. Dieselfde geld as ‘n persoon my sou aanval.

Lindtjies ·

Die eienaar moet sommer toegesluit word. Wat maak mens met vyf sulke “vicious” honde. As jy ‘n kwaai waghond vir jou beskerming moet aanhou maak seker jou erf is goed omhein en dat die hond nie kan uitkom nie. as iemand deur ‘n hond in die straat aangeval word dan moet die eienaar verantwoordelik gehou word daarvoor. Kruisings is ook van die gevaarlikste honde. Ek en ‘n vriendin is ook al amper deur ‘n Boerboel gebyt. Ons het gaan stap en verby ‘n huis geloop toe die eienaar in sy erf inry. Die hond het by die hek uitgehardloop en op ons afgestorm. Dit kon ‘n lelike ding afgegee het. Dit was net met genade van bo dat ons nie gebyt is nie. Ons het toe ook maar ons stappery stop gesit.

Amelia ·

Ek het ook honde gaan soms net so tekere (blaf) kon nie dit verstaan nie want hul altyd stil en rustig maar toe moet ek sien kinders slaan hul met stoke of gooi hul met klippe hul is agter hekke toegesluit by afdake voor ek heke begin sluit het is die hekke al deur die selfde kinders oop gemaak gelukkig niemand gebyt nie

GM ·

Amelia, ons sit met dieselfde probleem. Dit help natuurlik glad nie om met die kinders te raas nie (mens is ook so bang dit ontaard nou weer in ‘n rasse-ding). En die BodyCorp is ‘useless’, hul kom nie eers hul eie reëls na nie. Die gevolg is, ons sit nou met ‘n ‘gesinshond’ wat grom as die gier hom beetpak.

Sterkte aan die beseerdes. Swak van die eienaar om nie eers te probeer help nie.

VanAfrika ·

Ons was agt kinders in die huis toe ons klein was. Ons het saam met al wat dier is groot geword, Verskillende voël soorte, visse, hoenders, slange, honde, katte, marmotjies, wit muise en nog nooit het n hond teen ons gedraai of enige iemand in die straat aangeval nie. Voor julle honde blameer, kyk eers na die eienaars. Honde byt nie sommer tensy hulle bedreig voel. Enige hond wat permanent agter n heining toegesluit word raak territorial. Dalk het iemand hierdie honde geterg op n gereëlde basis en die dag wat hulle loskom ontgeld n onskuldige vrouens dit. En nou word arme diere uitgesit wat dit nie verdien het nie.

Willie ·

Joh en honde byt plekke is problemeties… ek wil my nie eers indink nie…

Theo Truter ·

Daar MOET streng geregtelikke stappe teen die hond-eienaars geneem word!!

Pitbull ·

Dit was seker die 7 maande oue pittbull wat al die skade gedoen het as ek van die kommentare lees…..

Ň pitbull is die beste hond wat daar is maar dit is ń hond wat streng disipline moet hê, omdat hulle sulke goeie honde is en rerig hulle eienaars kan beskerm is dit ook die hond wat die dwaas wat met honde baklei koop, en hulle het geen liefde en behoefte om die honde te leer nie, dan is dit daai pittbull wat mense verskeer. ń Pittbull wat liefde en aandig kry sal nie net mense aanval nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.