Twee vroue in motor doodgeskiet

Foto: ER24

Twee vroue is Saterdagoggend in ʼn motor in Polokwane in Limpopo doodgeskiet.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 10:30 op die toneel voor ʼn pakhuis in Zunestraat aangekom.

“ʼn Motor het langs die pad parkeer gestaan en was vol koeëlgate. Twee vroue is in die motor aangetref.”

Een van die vroue is verskeie kere geskiet terwyl die ander vrou in die bors geskiet is. “Die vroue het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Maroela Media het die polisie om kommentaar genader en wag vir terugvoer.

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Nee genade nog sinnelose moorde! Hoekom die hele kar vol koeëls skiet ook? Teken vir ons?

JohanR ·

Assebleif tog Cyril doen net 1 goeie ding in 2020….bedank tog in hemels naam vir Bheki Cele af….ASSEBLIEF TOG!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.