Twee vroue is Saterdagoggend in ʼn motor in Polokwane in Limpopo doodgeskiet.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 10:30 op die toneel voor ʼn pakhuis in Zunestraat aangekom.
“ʼn Motor het langs die pad parkeer gestaan en was vol koeëlgate. Twee vroue is in die motor aangetref.”
Een van die vroue is verskeie kere geskiet terwyl die ander vrou in die bors geskiet is. “Die vroue het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”
Maroela Media het die polisie om kommentaar genader en wag vir terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Toerisme mekka ne greasy ?
Geen ID nie? Wat van die motor se nommer?
Nee genade nog sinnelose moorde! Hoekom die hele kar vol koeëls skiet ook? Teken vir ons?
Net skiet maar vat niks?????
An appointment gone wrong!!!!!
Land se mense absoluut ‘trigger happy’ geword