Twee vroue in PE-aftreeoord vermoor

Die Stella Londt-aftreeoord in Port Elizabeth. (Foto: Facebook)

“Ons is platgeslaan. Ek het nie woorde nie.”

Só het George Woods, uitvoerende hoof van die St. John-groep gesê nadat twee inwoners van die Stella Londt-aftreeoord in Port Elizabeth Woensdagaand in hul kamers vermoor is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het gesê personeel het omstreeks 05:45 vanoggend op die liggame van Agnes Elaine Burns (91) en Rosemary Langton (87) afgekom.

“ʼn Onbekende aantal aanvallers het vermoedelik in die vroeë oggendure deur ʼn oop deur op ʼn boonste verdieping toegang tot die sentrum gekry.

“Hulle is na die eerste kamer, waar Burns gekonfronteer is. Sy is op die bed aangetref, met haar hande en voete vasgebind. Haar mond is toegestop. Die kamer is geplunder,” het Naidu gesê.

“Die verdagtes is daarna na ʼn kamer verder in die gang, waar Langton gewoon het. Sy is ook gevind met haar hande en voete vasgebind, haar mond toegestop en ook dié kamer is omgekeer.”

Naidu het gesê hoewel dit in dié stadium onduidelik is wat presies uit die vertrekke gesteel is, beskou die polisie roof as die motief. Twee moordsake en ʼn huisrooftog word ondersoek.

Nóg Burns nóg Langton het enige sigbare wonde aan hul liggame gehad. ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van hul dood bepaal.

Die sentrum het geslote kringtelevisiekameras rondom die geboue en dié beeldmateriaal sal deel van die polisie-ondersoek vorm.

“Senior burgers is belangrike steunpilare in die gemeenskap en hul welstand en veiligheid is ʼn prioriteit. Hulle is weerlose slagoffers vir misdadigers,” het sy gesê.

Woods het aan Maroela Media gesê hulle is platgeslaan deur die gebeure. Hy het reeds die organisasie se veiligheidshoof na die Stella Londt-aftreeoord gestuur om ʼn assessering te doen. Volgens hom was hulle die afgelope twee maande reeds besig met veiligheidsopgraderingswerk aan die sentrum. In dié tyd was daar ʼn inbraak.

“Dié aftreedorpies is baie kwesbaar en ek dink die inwoners gaan hierna baie weerloos voel.”

Woods het gesê hoewel die inwoners en personeel nog die gebeure probeer verwerk, is dit belangrik om so gou moontlik veiligheidsmaatreëls te verskerp. Hulle het reeds daarmee begin. “Ons hanteer die situasie met die grootste dringendheid.”

Traumaberaders is ook reeds ontplooi om enigiemand wat hulp nodig het, by te staan.

“Ons gedagtes is by almal wat deur die tragiese gebeure geraak is. Mag God teenwoordig wees in ons uur van nood en mag ons sy vrede en vertroosting ervaar,” het Woods in ʼn skrywe aan die sentrum se inwoners en personeel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

HOBBO ·

Genade!!! Samelewing is aan die verkrummel. Dis die erflating van n selfsugtige leierskorps wat behep is met eie gewin. Hierdie gaan dekades neem om te herstel julle politikus!!

Weet nie meer nie ·

Dit is so sinneloos. My vrou het versorgings eenheid met twaalf pasiente wie meestal bedleend is, Daar s net eenvoudig nie genoeg fondse vir veiligheidswagte nie en is die ou mensies so blootgestel. Kon darem oor tydperk CCTV kameras installeer, maar dit is eenvoudig net reaktief. Hekke word met kettings gesluit maar venster het net gewone diefwering.
Geen bydra van enige instansie of die regering nie en funksioneer bloot op geloof en genade.

Francois ·

My maat kry julle kerk om te help met kollektes by die lidmate. Hou kermisse ten bate van die te-huis. Kry die ou mense se kinders betrokke vir n plan om fondse bymekaar te maak. Praat met die plaaslike skole om fondsinsamelings te hou vir die te-huis. Waar n wil is is daar in weg!

PaulV ·

Asseblief…..Foxi & Karl; ek wens mense wil end kry met hul geklaery oor die term “ou mensies”. Ek is ‘n ‘ou mensie’ en beskou dit geensins as beledigend as daar so na ouer mense verwys word nie. Vir my is dit ‘n liefdevolle benaming, waar ‘bejaarde’ vir my koud en afsydig klink.

Pieter ·

Dit is skrikwekkend dat al 3 die laaste berigte oor moord op blankes gaan…ons land is gedoem

JohanR ·

My Ma word in Januarie 90, soe ek weet min of meer hoe stadig en weerloos sy is. Sy kan nog in die woonstel loop maar anders is dit ‘n rolstoel of loopring. Die twee ou mense was 87 en 91. Wat se weerstand kon hulle bied teen sterk jong aanvallers? Ek voel net soos jy Magda. Word by die dag net meer en meer gatvol vir hierdie ANC, EFF, BLF gemors! Skiet Afrikaner skiet!!

Leon ·

Wel soos die EFF en BLF sê, kom ond vermoor soveel blanes as wat ons kan voor iemand iets agterkom.

Linda J ·

Dit is so hardverskeurend. Soek die skuldiges by daai wat al die afgelope twee maande veiligheidsopknappings werk gedoen het, dalk is dit een van hulle wat die plek lekker dop gehou het.

SAMPIE ·

En hulle het presies geweet in watter 2 kamers in die gang die 2 ou tannies s’n was en blykbaar ook hoe om die buite kameras te ” by pass”

Alet Klaassen ·

Hoekom altyd eers wag dat die tipe van ding gebeur en dan dringend sekuriteit opgradeer na die tyd. Dis nie meer die goeie ou dae waar ons veilig was nie. Nou is dit prioriteit.

HB ·

Dit is tyd dat kerke meer betrokke raak by bejaarde versorging. Gemeente lede en predikante kan hul kennis en tyd gebruik vir befondsing. Miskien sal die kerke dan ook meer lidmate bykry.

Maria ·

Lankal gesien sekere Afrikaanse kerke voel n veer vir oumense en kinders. Predikante seker te besig om teologiese kwessies te argumenteer wat nie eens meer relevant in vandag se samelewing is nie en is uit pas met die alledaagse probleme. Mens moet seker nie veralgemeen nie, maar kan nie sê ek is bewus van sprekende voorbeelde van hul sorgsaamheid nie. Geen wonder die kerke loop leeg nie.

Baardman ·

Dit help nie jy blameer daardie partye nie watter party hoort jy aan as jy sê en julle ander partye

Ines ·

Doodstraf moet terug kom.
Hulle weet niks gaan met hulle gebeur nie.

Suzette Geringer ·

Motief was nie net roof nie – dit was moord ook. Die goed kry ‘n “kick” daaruit om mense te vermoor. Mense se lewens is niks werd vir die goed nie.

Deloris ·

Sien weer n bewus sodra daar ‘sekere mense’ werk moet kom doen, is daar altyd n moord of inbraak gedurende of na die tyd. Dis hoekom ek en my man geen enige werkers in ons erf toelaat nie…
Innige simpatie aan die families, dit was verronderstel om n Veilige hawe te wees.

INA ·

Diè arme twee “ou” dames het seker versmoor; of hul harte konnie die stress hanteer nie… Wàt sou ñ “rower” verwag om in die kamer van ñ siek bejaarde, in ñ versorginsentrum te vind?? Hulle hou mos niè groot somme geld by hulle nie!!! En waarom die plek omkeer? Wààrna soèk hulle? En wààrom was daardie deur nie gesluit nie???

Lee ·

Hulle het nie eers nodig om tyd te mors met nadoodse ondersoek nie. Die arme 2 tannies het duidelik versmoor. Hulle was al so oud en nou moet hulle so wreed vermoor word. Dis hartseer. Ons bly in ‘n damn siek land. Rus in Vrede tannies en baie sterkte aan hulle families. Hierdie is ‘n inside job. Te maklik en niemand het iets gehoor. Ondervra die personeel want hulle is agteraf!!!

Jerry ·

RIP Agnes Elaine Burns (91) en Rosemary Langton (87) en sterkte aan George Woods en die versorgpersoneel wat n onbaatsugtige versorgingsdiens aan die oorledenes gelewer het tot hulle afsterwe toe. Oor die algemeen sal mense nie eers n vlieg skade aandoen nie, maar kyk wat doen die kaders. Net soos die staatskapers plunder en moor hulle en dit in n demokratiese SA waarvoor Steve en 62% van sy meelopers Ja gestem het. Ek sal nooit die kloutjie by die oor kan kry oor daai een nie. Ons het alles gehad om die kaders weer goed op hulle plek te sit, toe besluit die mense daarteen. Nou het ons niks om hulle op hulle plek te sit nie, maar nou smeek en pleit die mense dat ons die kaders op hulle plek moet sit. Waag mense dit om op te staan of op te tree teen kaders en boosdoeners dan word daardie mense deur hulle eie mense veroordeel en verwerp, selfs cellfoonvideo opnames word gemaak, versprei en klagtes gele deur ons eie mense, teen ons eie mense. Die hemele hoor my, die naiewiteit (onkunde), ondankbaarheid en bevooroordeeldheid van mense in SA gaan aan hulle geen uitkoms bied nie. Dit is dus nie net misdaad wat mense laat besluit om te emigreer nie, maar ook die skokkende passiewiteit en naiewiteit wat onder mense heers. Een vir almal en almal vir een teen die politieke misdaadaanslag bestaan doodeenvoudig nie in die mense se verwysingsraamwerk nie!

Michiel ·

Stem 100% saam Jerry. Ek sê dit nog altyd. Ons blanke nasie kon en sal nooit saamstaan nie. Ons is hopeloos te verdeeld om te verenig en te poog om teen ongeregtigheid op te staan.

Ek voorspel die volgende: misdaad en korrupsie SAL toeneem en daar is NIKS maar NIKS wat ons daaraan kan doen nie. Ons enigste hoop op oorlewing in SA is ook ons grootste swakheid – dat ons ons verskille eenkant moet sit en saamwerk aan ‘n oplossing, iets wat ons baie duidelik nie kan doen nie.

Dit is klaarpraat met SA. Ons kan nie meer die skip omdraai nie. Te veel skade is reeds gedoen.

Die Waarheid ·

Teen 1994 was SA in totale verval met ‘n moordsyfer amper tweekeer hoer as nou. Eintlik vanaf 1981 af het die misdaad heeltemal hand uit geruk en kon die apartheidsmagte nie die situasie hanteer nie. Useless gewees. Apartheidsmagte kon nie eers onluste beheer nie maar julle reken daai spulletjie kon oorlog maak, ha ha.

SêMaarNetEen ·

Weet jy ek dink nie die verkiesing destyds was eerlik nie…. Ek glo nie die meerderheid het ja gestem nie. As hul ht is die ja-stemmers meeste al land-uit
Dis my kort antwoord

Hartseer ·

Bring in die doodstraf want so moet onskuldige mense vermoor word.

My innige simpatie met die families van die 2 oumensies.

Hoe kan enige mens so harteloos wees.

Baardman ·

Jy sal niks aan hulle kan doen nie dis net omdat jy nou haat in jou hart het,sit ‘n wag voor jou mond

Ella ·

Vroue het n paar weke gelede gevra “wanneer word ek vermoor”
Bejaardes kan ook nou so vra. Maak nie saak waar jy woon, die moordenaars kom by jou uit soos en as hulle wil.
Die arme twee ou dames is dood maar die motief is roof?
My hart en kop kan nie meer die slegte nuus vat nie.

Nee regtig!! ·

Ek dink nie hulle kan “mens” genoem word nie want ‘n mens maak nie so nie. Wilde diere pak in troppe ‘n ander weerlose dier om dood gebyt te word. So ek dink die gemors handel soos diere geen gevoel en gewete en boonop ‘n lafhard. Val die swakkes en weerloses aan in groot getalle. Die dag gaan aanbreuk dat die paar wit mense wat wel gaan oor wees genoeg gehad het … en dan moet hulle nie wil huil nie!! Hoe lank pleit en smeek die wit bevolking nou al vir hulp en beskerming…!! Die tyd kom stadig maar seker!!

Welma ·

Die twee bejaarde dames se kamers is nie eers langs mekaar nie…!! Ek dink ook dis iemand binne..!! Iemand het geweet van of waardevolle besittings of geld… Dit is oorgedra aan die boosdoeners…

se net ·

Dit is beslis n inside job en die diewe het presies geweet wat hul soek en dat die 2 dames te oud is om hulself te verdedig. Dit is beslis van die werkers wat weet wat hul soek.

Gerrit ·

MRK …ek dink die moordenaars is jul maatjies! Het hierdié twee slafoffers ENIGE regte gehad in jul verwronge denke??

jeanette visser ·

Dood straf nee genade ons wittes sal eerste in die ry staan ongeag of jy enige misdaad gepleeg het en wie gaan ons help NIEMAND in die land is elkeen net vir homself. Afriforum probeer iets doen maar hulle mannekrag en fondse is te min. Wat gaan nog word???????

Erika Visagie ·

En nou word mense sommer ook in ouetehuise aangeval en vermoor – HERE wees ons mensdom genadig. Innige meegevoel aan die naasbestaandes. Mag ons HERE julle troos in hierdie eina tydperk van jul lewens :(

Erika Visagie ·

Soms wonder ek of ISIS nie saam met die blankes se vyand besig is om witmense uit te roei nie…

Anne ·

Glo my vry Isis is baie meer betrokke in SA as wat ons dink. ‘N ideale plek om hulle missies vanaf te bedryf. Niemand dink dis hulle nie. Julle sal verstom staan oor hoeveel sogenaamde hoofkwartiere van dié spul in ons land is. En die regering weet nie eers nie. Hulle weet baie mooi niemand gaan hulle ooit hier soek nie. Die moorde op weerlose mense in die land laat mens ween.

Michelle ·

Sal net graag wil weet daar is kring televisie kameras wat wie beman, die ou dames se geliefde het duisende rande betaal vir die rustige aftree oord wat veronderstel is om veilig te wees en hulle word vermoor in die plek waar hul so weerloos is, nee die geliefdes het baie duur betaal met die eerste inbraak moes die sekuriteit alreeds nagegaan gewees het. Dit is nou te laat.

HerrHans ·

Wat van die kringtelevisie wat vir die veiligheid en behoorlike versorging van die inwoners daar moet wees vir sekuriteit. Die land is uitgelewer aan die bose!

m ·

Dis so hartseer, om jou lewe te lewe tot op so ‘n rype ouderdom en dan op so ‘n manier die lewe te verlaat! My gebede en gedagtes is met die families en vriende. RIP.

Inside job, gaan kry daai dwergies wat die eerste vloer deur oopgelos het!!

Diefie ·

M, ek stem saam met jou, dit is ‘n inside job. Al kry jy meer sekuriteits wagte, kan jy hulle vertrou? Jy kan nie eers aldag die polisie vertrou nie. Die versorgings oorde is baie duur,
R 18 000 ‘n kamertjie. Daar is baie kinders wat hulself nie eers kan help nie.

T Masten ·

Die bejaardes betaal ‘n plaas se geld om in ouetehuise en aftree oorde te bly. Hoekom is daar nie sekuiriteits kameras in die gange en kamers nie? Hoekom is daar nie saans inspeksies gedoen om te sien of alle deure gesluit was nie? Waar was die nagpersoneel wat rondtes moes doen? Dis mos waarvoor die bejaardes betaal om daar te bly. Hierdie klink na die adder aan eie boesem. Jaag hulle deur leun verklikker toetse en die waarheid sal dalk uitkom

JG ·

@ Die Waarheid…praat oor iets waarvan jy weet…jy is waarskylik nog papnat agter jou ore en het geen idee wat in die apartheid-tyd gebeur het nie

Attie. ·

Ek wil graag weet op watter ouderdom word jy n bejaarde en wanneer word jy ‘n oumensie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.