Twee vroue, kind sterf op N4

Die ongelukstoneel. (Foto: Mpumalanga departement van veiligheid, sekuriteit en samewerking)

Twee vroue en ʼn kind is dood toe ʼn minibustaxi Vrydagoggend op die N4 naby Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga gerol het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van veiligheid, sekuriteit en samewerking, sê die ongeluk het omstreeks 07:20 gebeur. Die minibus was van Vosman se rigting na Emalahleni op pad.

Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor wat veroorsaak het dat dit omgeslaan het.

“Twee vroue en ʼn kind het gesterf. Twee ander passasiers het ernstige beserings opgedoen en is na hospitale in Emalahleni gehaas,” het Mmusi gesê.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Pat Ngomane, LUR vir veiligheid, sekuriteit en samewerking in Mpumalanga, het sy medelye met die families van die oorledenes betuig en die beseerdes ʼn vinnige herstel toegewens.

“Bestuurders van openbare vervoermiddels moet nie met die lewe van onskuldige mense dobbel net om geld te maak nie. Die eienaars van openbare vervoer moet ontslae raak van alle bestuurders wat voortdurend die padreëls oortree,” het Ngomane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

marous ·

Wat se twak raak die man kwyt ? Roekelose bestuurers moet reguit tronk toe , maar sy wets toepassings beamtes is te sleg om die potensiele moordenaars summier te arresteer . Punt

Liberaal ·

Die linkses en liberales onder ons sal sorg dat daar geen gevolge vir roekelose bestuur is nie want dis mos hulle reg. As jy nie saamstem nie moet nie vir linkse liberale partye stem nie .

MCS ·

Dis omdat alle taxi drywers in Witbank dink hulle is verhewe bo die wet. Geen een van hulle kan ordentlik ry en geen pad reëls word gehoorsaam. Wat hulle kyk net hoe vinnig hulle een taxi na ‘n ander kan volstop met mense?

Christo ·

Die verkeerspolisie in Witbank is onbevoeg en korrup. Wanneer daar spitstyd is by gevaarlike kruisings reguleer hulle nie die verkeer nie. Taxi’s word nie afgetrek nie, en indien wel dan weet jy dis die middel van die maand en tjo-tjo tyd Die spietkops het mos almal nege honger kinders by die huis..

Stiaan ·

Oorsaak? Kan julle nou al se wat die oorsaak was: Die taxi was of nie padvaardig nie, of die drywer het soos n paloeka gery (soos 99.9% van taxi drywers doen). Simaptie met die oorledenis se familie..

Gina ·

Ek is jammer vir al die insittendes van ‘n Taxi. Maar die bestuurders het geen respek vir die gereg of ander mense se lewens nie. Dis ‘n wonder daar sterf nie nog meer op die pad nie. Maar hou aan so ry Taxi bestuurders……… alhowel jy ‘n werk het om te doen doen dit soos die res van ons ander BLOODY ORDENTLIK!!! Die pad behoort nie net aan julle nie. Inteendeel die helfte van julle betaal nie eers belasting nie, en dan wil julle kom varke wees op die paaie.

ne ·

Dit is nie snaaks as daar ‘n taxi by betrokke is nie. Veerkeersbeamptes kyk mos nie hoe die voertuie lyk nie. Stel beamptes aan wat nie omkoop geld aanvaar nie.

Hendrik ·

Ons sien hulle elke dag jaag en die taxi laai sy passasiers voor die Metropolisieoffisier af , , by Watermeyer in die geelstreep op die N4 en daar word niks aangedoen nie. Ons is nie dom nie en tel 2 en 3 bymekaar en dit spel oomkoopgeld. Onthou om die regeerders uit te stem want hulle laat dit toe.

Asjas ·

Ekskuus maar Taxi Base moedig die wanorde aan, hoe meer reels jy breek en mense se lewens jy in gevaar stel, hoe groter jou bonus!! Waar is Metro?? Dis hulle werk om die Taxis vas te vat maar nee, hulle sal eerder onder bome sit en af en toe wetsgehoorsame burgers af trek.
Ek het al gesien hoe sit en slaap hulle by ‘n 4-rigting Stop waar Taxis teen 100km/uur oor jaag!!
Askies, ek vra onvoorwaardelik omverskoning oordat ek die waarheid praat. Die wag voor my mond strike hierdie week, vra meer “danger pay”.

Irma ·

En wat het van die saak geword waar die bussie verantwoordelik was vir mnr Venter se ontydige afsterwe??

Jorrie Jordaan ·

Neeeee lat hulle aanhou ry, hulle moor ons uit maar moor hulself uit met die ongelukke. As die verkeer personeel meer inspeksies doen kan dit verander maar omkopery word gedoen onder mekaar.

C. Taljaard ·

Jammer en innige meegevoel aan die oorlede mense se families.
Roekkeose bestuur is ‘n ernstige aanklag. Die vraag hier is teen wattter spoed het die bestuur gery? Was daar briek merke op die teer? Hoeveel mense se lewens wil hulle nog in gevaarstel.. ? ek het ook n berig gelees oor ‘n taxi bestuurder wat dames in Pretoria uit pad woede wou aanrand. Die taxi bestuurder het hul motor sleutels geneem en weg gejaag. Drie dapper swartmanne het gesien wat gebeur en die taxi agterna gesit, die sleutel gekry en die reg.no van die taxi. Met ondesoek was dit nie meer dieselfde bestuurder nie. Maar die taxi Bestuur vereninging moet beheer neem van alle taxi besuurders. En seker maak hulle voldoen aan n sekere standaard. en daar moet rekord gehou word van wie die bestuurders van ELKE TAXI IS DAG EN NAG AS JY N EIENAAR VAN TAXISIES IS is. Volgende vraag? Hoeveel lewens word jaarliks ge-eis deur roekelose texi bestuurders. Het enige iemand syfers daarvan?( WAARVAN TAXI BESTUURDER DIE OORSAAK IS VAN ONGELUKKE) HARTSEER STORIE HULLE MOOR MENSE UIT.

se net ·

Kyk of die bestuurder n lisensie het. Verdien en nie gekoop. Indien nie, vonnis hom vir moord op die insittendes.

Chris Ws ·

Toyota help baie om die bevolking se aanwas te verminder!
As Ngomane alle padreel oortredende taxi bestuurders van die pad af haal sal daar nie taxis loop nie!Hy moet sy oge bietjie afhaal van sy rekenaar af en gaan kyk wat presies gaan op ons paaie aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.