Twee vroue en ʼn kind is dood toe ʼn minibustaxi Vrydagoggend op die N4 naby Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga gerol het.
Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van veiligheid, sekuriteit en samewerking, sê die ongeluk het omstreeks 07:20 gebeur. Die minibus was van Vosman se rigting na Emalahleni op pad.
Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor wat veroorsaak het dat dit omgeslaan het.
“Twee vroue en ʼn kind het gesterf. Twee ander passasiers het ernstige beserings opgedoen en is na hospitale in Emalahleni gehaas,” het Mmusi gesê.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Pat Ngomane, LUR vir veiligheid, sekuriteit en samewerking in Mpumalanga, het sy medelye met die families van die oorledenes betuig en die beseerdes ʼn vinnige herstel toegewens.
“Bestuurders van openbare vervoermiddels moet nie met die lewe van onskuldige mense dobbel net om geld te maak nie. Die eienaars van openbare vervoer moet ontslae raak van alle bestuurders wat voortdurend die padreëls oortree,” het Ngomane gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Wat se twak raak die man kwyt ? Roekelose bestuurers moet reguit tronk toe , maar sy wets toepassings beamtes is te sleg om die potensiele moordenaars summier te arresteer . Punt
Dis omdat alle taxi drywers in Witbank dink hulle is verhewe bo die wet. Geen een van hulle kan ordentlik ry en geen pad reëls word gehoorsaam. Wat hulle kyk net hoe vinnig hulle een taxi na ‘n ander kan volstop met mense?
Oorsaak? Kan julle nou al se wat die oorsaak was: Die taxi was of nie padvaardig nie, of die drywer het soos n paloeka gery (soos 99.9% van taxi drywers doen). Simaptie met die oorledenis se familie..
Ek is jammer vir al die insittendes van ‘n Taxi. Maar die bestuurders het geen respek vir die gereg of ander mense se lewens nie. Dis ‘n wonder daar sterf nie nog meer op die pad nie. Maar hou aan so ry Taxi bestuurders……… alhowel jy ‘n werk het om te doen doen dit soos die res van ons ander BLOODY ORDENTLIK!!! Die pad behoort nie net aan julle nie. Inteendeel die helfte van julle betaal nie eers belasting nie, en dan wil julle kom varke wees op die paaie.
Bloed op die hande van ‘n Taxi bestuurder.