Twee vroue, man vas oor renosterstropery

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die Valke in Mpumalanga het twee vroue en ʼn man in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê hulle het ʼn wenk ontvang oor ʼn groep mense wat beplan het om renosters in die Krugerwildtuin te stroop. “Veiligheidspersoneel by die onderskeie hekke is in kennis gestel en ʼn voertuig is Donderdag by die Numbi-hek voorgekeer.”

Volgens Netshiunda is die motor deursoek en is daar op ʼn .375-jaggeweer, wat in die enjinkompartement versteek was, beslag gelê. Daar is glo ook ʼn knaldemper en ammunisie in die kattebak gevind.

Netshiunda het gesê die verdagtes wou glo die vuurwapen in die wildtuin aflaai vir stropers wat reeds daar sou wees. “Een van die verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap en het in die veld in gevlug.”

Die drie verdagtes, onderskeidelik 20, 21 en 25 jaar oud, sal Vrydag in die Witrivier-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en sameswering om renosters te stroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Delta Mike ·

Renoster stropery kon al lankal gestop word, daar is heelwat doeltreffende metodes om dit maklik te stop, meeste sal natuurlik weer kla dat die renoster terroriste se mense regte geskand gaan wees, as jy oorgaan na misdaad verloor jy alle aanspraak op jou mense regte. Maar soos ek gese het dit kon al lankal gestop word, die regering wil nie bystand bied om dit te stop nie want die gestropery wins gaan tot op ministers vlak, daar is n vark wat homself of haarself verryk uit die misdaad uit. Presies dieselfed het in Rhodesie gebeu toe die terroriste oorgevat het, 2 kabinets ministers was die “kingpins” agter die olifant stropery.

Paul ·

Delta Mike, Jy slaan die spyker op sy kop. Die grootste skelms is die wat veronderstel is om dit te stop.

Ludwig ·

Ek moes omtrent smeek om ‘n enkele jaggeweer te kan aanhou, maar hierdie skarmunkels loop rond met so ‘n kwaai wapen! Ek wens die renosters het hulle bygekom voordat hulle gevang was, want nou sit en geniet hulle weelde van die tronk. Drie maaltrye per dag, slaapplek, veiligheid en mediese versorging. En ons moet daarvoor betaal!

dee ·

Daar word gekla s hulle nie gevang word nie en dan is daar weer ‘n spul klagtes as hulle wel gevang word. Enigste waaroor ek nuuskierig is, is as hoe ‘n ernstige misdaad dit beskou word en watter tipe straf word uitgedeel vir renosterstropery. Dit is selde indien ooit wat ek lees van stropers wat gevonnis word. In die land sloer sake buitendien vir jare.

Rina Pretorius ·

eish die veld in gehardloop se julle, hehehehe, dalk so reg in die leeu se le plek in en word dus sommer self die prooi vir die honger leeus, cool ne

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.