ʼn 37-jarige vrou en ʼn huiswerker is Dinsdag vroegoggend op ʼn plaas in die Modjadjiskloof-omgewing in Limpopo deur ʼn onbekende aantal mans oorval en aangerand.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die mans het omstreeks 01:45 die plaas Fritsgewacht met pangas en messe betree.
“Die vrou het glo geslaap toe die alarm afgegaan het. Sy was op pad om buite te gaan ondersoek instel toe twee gewapende mans ʼn deur oopgebreek en die huis binnegekom het,” sê Mojapelo.
Volgens Mojapelo het die mans glo geld en juwele geëis en die vrou met hul wapens aangerand.
“Die vrou het probeer terugbaklei, maar hulle het haar oorrompel en erg met staalpype aangerand.”
ʼn Derde verdagte, wat met ʼn skerp voorwerp gewapen was, het die huiswerker wat op die plaas woon, ook in die huis ingetrek. Haar hande was vasgebind.
“Die mans het selfone, ʼn skootrekenaar en verskeie pare skoene gebuit en te voet gevlug.”
Een van die vroue kon die polisie en nooddienste na die toneel ontbied en die twee slagoffers is vir behandeling na ʼn hospitaal geneem.
ʼn Saak van huisroof is aanhangig gemaak en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting wat tot die mans se inhegtenisneming kan lei, kan die ondersoekbeampte, ao. Curven Shikwambane, by 082 414 2736 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Ek het nie woorde nie…… Net spraakloos
Huisroof????? Dis belaglik, wat van poging tot moord, aanranding met doel om ernstig te beseer……….
Wat van huisbraak met die opset om te roof en gewapende roof, en poging tot moord?
Dit hou nie VERDOMP op nie
Hulle is lafaards klomp mans teen n weerlose vrou! D huiswerker is net ingesĺeep om te se dis nie rassisties nie. D werker het seker d minste beserings opgedoen.
Eks bly d boervrou het oorleef.