Twee vroue op plaas oorval, wreed aangerand

Argieffoto

Twee vroue is laatmiddag wreed  aangeval op ʼn plaas net buite Northam in Limpopo.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het hoewel inligting nog skraps is aan Maroela Media bevestig twee vroue, onderskeidelik 72 en 52 jaar oud, het in ʼn winkel op ʼn plaas gewerk toe hulle deur ʼn onbekende aantal aanvallers met “harde, skerp” voorwerpe aangeval is.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die vroue is glo met ʼn tuingraaf aangeval.

“Ná die verdagtes van die toneel gevlug het, het een van die slagoffers hulp gaan soek en gevolglik is albei slagoffers vir mediese behandeling geneem,” het Ngoepe gesê.

Müller het gesê noodpersoneel op die toneel het besluit om die een kritiek beseerde vrou in haar toestand na ʼn hospitaal te vervoer en dan sal die hospitaalpersoneel direk met ʼn helikopter van Netcare 911 reël vir lugvervoer indien nodig.

Ngoepe het verder gesê die motief vir die aanval is in dié stadium nog onbekend.

ʼn Saak van sakeroof word ondersoek hoewel daar volgens Ngoepe nog bepaal word of enigiets tydens die aanval gesteel is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Die Stem ·

Ernstige te kort aan die hand hawking van wet en orde in Suid-Afrika!
Die arme mense van die land, ly daaronder.

Liberaal ·

Jammer, dit is ons linkses en liberaliste se skuld want ons hef die regte van misdadigers so ver op. Miskien moet ons die straf en opgehewe regte van misdadigers herbesin…of nee dis mos nie polities korrek nie.

die wit wolf ·

Hulle is wreed aangeval en vir dood agtergelaat en die belaglike polisie ondersoek n’ klag van SAKEROOF? Wat van n’ saak van poging tot MOORD?

Skokkend ·

NOOIT Poging tot moord as twee oumense opgekap word met pikke en grawe en hamers nie, as hulle nog asemhaal is dit net ROOF< maar as iemand in 'n KIS toegemaak word is dit POGING tot moord …

GP ·

Dis belaglik. Dis hoekom nisdaad statistiek niks beten nie. Baie sulke sake word nooit opgelos nie en saak word gesluit as sake roof.

Johann cb ·

Ek sou tog graag wou weet wié werklik agter al hierdie plaasaanvalle is! Dit kom lankal voor of dit goed georganiseer is!

What a joke! ·

Wel ou malematjie se mos miskien orkestreer hy plaasaanvalle miskien nie…Dit is tyd dat daar miskien baie hard teen daai klein ou rassistiese blanke hatende stokertjie opgetree word en hom hard vas te vat!Die hardste manier moontlik… weet wat ek bedoel…

RiaCr ·

Dis hoekom ek elke dag stres oor n inkomste….Na ek deur 2 pogings tot “hi-jackings” is, een N1 rigting Noord by New Road en een net voor N4 rigting Krugersdorp en 2 pogings tot gewapende rowe waar wapens op my gerig is en ek gedink het is my einde kry ek angsaanvalle as meer as 2 mense in n winkel instap. So wat maak jy..koop en verkoop tweedehandse goed maak alleen reg en verkoop om nie weer deur daai hel te gaan nie en leef van peanuts….

PJC ·

Dit raak al hoe meer duidelik dat hierdie plaasaanvalle deur iemand aangemoedig word en ongelukkig is sommige mense baie blootgestel. As jy moet werk kan jy nie 24 uur van die dag agter tralies skuil nie.

Andre ·

Hoe lank nog gaan ons wag voor ons begin opstaan en terug veg? Ons kort iemand om ons te lei! Gatvol verby!

G..vol ·

Kyk hoe gaan hul tekere oor 3 brandweermanne wat oorlede is. Ons het almal simpatie met hulle. Maar wat van die weerlose, ouerige plaaseienaars wat omtrent daagliks vermoor word? En in die geval is dit ‘n poging van SAKEROOF. Wys net hoe laag sommige mense se ik is. Ramapohosa het geen wil om iets hieromtrent te doen.

Michael ·

hulle het hul lewens verloor omdat hulle nie behoorlik opleiding ontvang het nie. Die ANC moet die skuld hier voor kry. Prop net mense oral in sodat hulle n werk het. Kyk net nou die nagevolge.

Freud ·

Sake roof…… asseblief tog net nie poging tot moord nie neh!

Sarel ·

Dan is almal verbaas as die publiek self met die moordenaars deel, dan kan SAPD ook skierlik n saak behoorlik ondersoek. Miskien is die aanvallers self polisie beamptes

Hannes ·

Wat het geword van die twee mans wat die hond met n mes gesteek en toe sy keel afgesny het dis oral op sosiale media.

Jane ·

Nee maar volgens die ANC en die DA en die EFF en die UDM en die ACDP gebeur hierdie goed mos nie. PLAASAANVALLE word mos onder gewone HUISROOF aangedui maar NOOIT word die marteling en WREEDHEDE wat hier gepleeg word uitgesonder nie. STERKTE aan die twee slagoffers. Al maak die mense of hulle nie weet wat hier aangaan nie ONS WEET, ons dien dit ELKE LIEWE DAG NOU .. laat diegene wat hulle blindhou daarvoor maar so gou as moontlik daarmee kennis maak. Dalk glo hulle die WAARHEID dan.

Sonskyn ·

Ek dink hierdie kriminele word betaal om te moor….watter ander rede behalwe intense haat kan dit wees?

Rupert Ashford ·

Ons weet wat die motief is, kyk na wat die politieke meesters van die verhoe af skree, en wat op kommentaarkolomme en sosiale media gese word oor hierdie dinge. Dit is sekerlik nie moeilik om die regte afleidings te maak nie…as mens wil natuurlik.

Gert ·

Dit is verder hartseer dat bejaardes steeds moet werk, meestal vanweë ekonomiese redes. Nog ‘n vingerwys na die “staat” wat sy mense heeltemal versaak het.

Hendrik ·

Hierdie is aangetroude familie van my… Ek is onverantwoordelik om my gesin nog in die Godverlate land te laat bly.

tokkie ·

Hendrik – jy is nie – die probleem is ons kan nie gaan nie. Ons sit en wag vir wanneer is ons volgende

Jerry ·

Hendrik, God sal jou nooit verlaat nie, daarom gebeur dit dat jou gedagtes vir jou se om jou gesin uit die land te neem. Doen dit!

Anti-Kommunis. ·

Jerry, vir die eerste keer stem ek en jy 100% saam: As jy die land kan verlaat, doen so. Twee van ons kinders met al ses van ons kleinkinders het geëmigreer a.g.v. gewapende misdaad en ‘BEE’. Daar lê moeilike tye voor vir Suid Afrikaners van alle kleur: Tensy die land ‘n nuwe God-vresende regering kry, wat amper onmoontlik is op hierdie stadium!

Johnnie ·

SAKEROOF wat n bespoting maar die spul kan mos net ou weerlose vrouens aanval en erg vermink en dis niks nie maar net n poging tot sakeroof dis hoe laag die polisie en die wette al in die land gedaal. Sterkte vir die twee ou dames vertrou hulle sterk gou aan.

Diefie ·

Duidelik die polisie weet nie aldag wat die verskik tussen roof en poging tot moord is nie.
Hulle bly maar confused.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.