Twee vroue op slag dood toe vragmotor hul tref

Die nooddienste op die toneel. (Foto: Verskaf)

Twee voetgangers is dood nadat hulle Woensdagoggend deur ’n vragmotor in Kemptonpark aan die Oos-Rand getref is.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddiens, sê paramedici is om 09:36 na die toneel by die kruising van Koedoelaan en die P91-pad in Birchleigh ontbied waar hulle met hul aankoms ’n lewelose vrou onder die vragmotor aangetref het. ’n Tweede vrou is langs die vragmotor se sleepwa op die sypaadjie aangetref.

Volgens Ntladi is die vroue op slag dood en deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor het ongedeerd daarvan afgekom.

Die omstandighede rakende die voorval word deur die owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.