Twee vroue se liggame in veld gevind

Die veld waar die liggame gevind is (Foto: Verskaf)

Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn moordsaak nadat die liggame van twee vroue met skietwonde in ʼn nedersetting digby Durban gevind is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die liggame is Maandag omstreeks 12:30 in die veld in die Kwamashu-nedersetting, noord van Durban, gevind.

“Die vroue, glo in hul 20’s, is albei met skietwonde in die kop aangetref.”

Gwala sê twee sake van moord is by die Kwamashu-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die omstandighede rakende die vroue se dood is nog onduidelik en nog niemand is in verband met hul moord in hegtenis geneem nie.

“Hierdie sombere ontdekking is gemaak minder as 24 uur nadat Bheki Cele, minister van polisie, voorgestel het dat die veiligheid in dié provinsie versterk moet word om misdaad te bekamp.”

Die ontdekking van die vroue se liggame volg net ná ʼn ander skietvoorval wat Maandagoggend omstreeks 09:00 in die Northcroft Phoenix-gebied by Durban plaasgevind het. ʼn 50-jarige man is in sy nek geskiet en moes per helikopter na ʼn hospitaal geneem word vir mediese behandeling.

Gwala het aan Maroela Media bevestig dat die polisie ʼn saak van poging tot moord ondersoek en ‘n 54-jarige verdagte reeds vasgetrek het. Hy sal na verwagting Woensdag in die Verulam-landdroshof verskyn.

Die omstandighede rakende die skietery is ook nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kokkie ·

Suid-Afrika is tans die Wilde Weste van die wêreld. Skiet, skop en donder asof dit uit die mode gaan. Ongekende brutale moord en doodslag. En dit skeel die ANC-regering net mooi niks. Juis daarom huiwer misdadigers nie om te moor, martel en te plunder nie. Lekker ou ‘free for all’ Suid-Afrika waar ‘n lewe nie ‘n duit werd is nie.

Plaaskind ·

Daar is ‘n antwoord op al hierdie aanvalle en korrupte regering – maar mens mag dit nie noem nie.

johanf ·

Hoekom word ras nooit genoem, ons is nie almal rassiste nie…..
My simpatie met die families.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.