Twee vroue, ses kinders dood in brande

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Twee vroue en ses kinders is Dinsdagoggend in twee verskillende huisbrande, onderskeidelik in Port Elizabeth en Khayelitsha, dood.

Die eerste brand het omstreeks 04:50 in ʼn plakkershut in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte ontstaan. Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstadse brand- en reddingsdienste, sê drie brandbestrydingstoestelle, ʼn reddingsvoertuig en 14 brandbestryders is na die toneel ontplooi.

“Die brand is om 05:20 geblus. Een volwasse vrou, twee minderjarige meisies en een minderjarige seun het weens rookinaseming gesterf. Nog ʼn volwasse man het brandwonde opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem,” het Carelse gesê.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

Ure daarna is brandbestryders in Port Elizabeth na ʼn brand in Malabar ontbied waar nog ʼn plakkershut aan die brand geslaan het.

AO Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, sê bure het hulpkrete uit die woning gehoor en die polisie en nooddienste is om 06:30 ontbied. Die hut is egter heeltemal in die brand verwoes.

Labans sê ʼn 33-jarige vrou, haar agtjarige seun en twee meisies, onderskeidelik 13 en 17 jaar oud, het in die struktuur doodgebrand. Die oorsaak van dié brand is ook nog nie bekend nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word in albei gevalle gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lizelda ·

Dit moet sekerlik die ergste dood wees om te sterf. Baie sterkte aan die familie. So jammer om die berig te lees.

Lauren ·

Hannetjie, die regering verksaf nie daardie dienste nie, maar dit kom wel uit ons belasting betalers se sakke uit. Hulle wil water, elektrisiteit en behuising verniet hê. More, wanneer hulle ontevrede is, breek hulle af en steek hulle aan die brand. Hulle dra nie by tot die land se ekonomie nie. Die res van ons moet hande diep in ons sakke druk en ten duurste betaal vir hierdie basiese dienste.

Aletha ·

Matthys dis baie lelik van jou.
Baie sterkte aand die families.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.