Twee vroue sterf in botsing

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

Twee mense is Sondagoggend dood en vier beseer in ʼn botsing op die N1-snelweg in Midrand, tussen Johannesburg en Pretoria.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 06:00 plaasgevind.

“ʼn Minibustaxi en ʼn motor het op ʼn manier gebots. Ongelukkig is twee vroue, in hul 30’s, dood en vier mense het beserings opgedoen,” het Herbst gesê.

Die beseerdes is op die toneel behandel en na hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die botsing is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris Ws ·

Lyk my daai taxi het gerol.Wonder of hy padvaardig was?Die motor lyk nog nuut .mens sal seker nooit weet nie.

IK ·

‘Op ‘n manier” het hulle wel kop-teen-kop gestamp. Die foto vd taxi wys ‘n heining platgery waarna dit gerol het en blykbaar is dit die heining regs vd man met rooi aan op die hooffoto. Jammer die foto’s los mens met min inligting. Skynbaar het die taxi ‘beheer verloor’ waaraan hierdie ongelukke gewoonlik toegeskryf word . . .

Haan ·

Net n haar om te kloof : die onderskrif sê ‘taxi se swrak’
Groete

Tania Heyns ·

Dagsê Haan

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Hartseer ·

Ek is jammer om te sê maar dit is omdat die taxi’s by GEEN padreëls hou of enige padreël gehoorsaam. Kyk maar hoeveel padongelukke is daar Taxi’s betrokke. Hul vat onnodige kanse, stop net waar hul wil, steek verby al mag hul nie, ag hemels mens kan hoeveel dinge noem wat al die taxi drywers nie by gehoor gee nie! Wens die regering wil strenger optree teen hul, want so kan mens nie aangaan nie!

Wetsgehoorsame burger ·

Alweer ‘n minibustaxi, maar aangesien mens niks oor hulle mag sê nie, sal ek maar daarby volstaan.

Theresa ·

Kop op ‘n blok dis die taxidrywer se skuld.
Daagliks word aan verkeerde kant van paaie gejaag net om oor te gaan indruk.
Minagting van lewens en hul kom waaragtig daarmee weg.
Dis ‘n skreiende skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.