Twee vroue sterf toe motor rol

Die voertuig wat naby Tarentaalrand in Tzaneen gerol het. Foto: ER24

Twee vroue, vermoedelik in hul 30’s, is dood nadat ʼn voertuig Saterdagmiddag verskeie kere naby Tarentaalrand in Tzaneen in Limpopo gerol het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskillende ambulansdienste het net voor 17:00 by die toneel opgedaag waar hulle die motor etlike meters van die pad in ʼn veld aangetref het. Die twee insittendes het reeds aan hul beserings beswyk.

Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.

In nog ʼn onverwante ongeluk is drie mans beseer nadat hul motor Saterdagmiddag teen ʼn muur langs die Old Otteryweg in Kaapstad gebots het.

Die ongeluk langs die Old Otteryweg in Kaapstad. Foto: ER24

Paramedici en reddingsdienste is omstreeks 16:30 na die toneel ontbied waar hulle die drie mans nog in die voertuig aangetref het. Volgens Vermaak het die bestuurder en agterste passasier matige beserings opgedoen, terwyl die voorste passasier ernstige beserings opgedoen het. Die voorste passasier moes met meganiese toerusting uit die wrak van die motor gesny word.

Die mans is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.