Twee vroue sterf toe motor teen muur bots

Die ongelukstoneel. Foto: Rescue Care

Twee vroue is dood en ʼn derde persoon beseer nadat ʼn motor Saterdag in die vroeë oggendure teen ʼn muur in Essenwood in Durban gebots het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-nooddienste, het gesê die ongeluk het omstreeks 01:00 in John Zikhali-weg gebeur. Daar word vermoed dat die bestuurder van die voertuig beheer verloor en die motor teen ʼn padteken en daarna die muur gebots het.

“By paramedici se aankoms op die toneel het hulle die motor, met vyf insittendes, teen die muur aangetref. Twee vroue, vermoedelik in hul 20’s, het veelvuldige ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Jamieson gesê.

ʼn Derde persoon het geringe beserings opgedoen en is per ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Jamieson wou nie bespiegel oor die oorsaak van die ongeluk nie en het gesê dit sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Daan Erasmus ·

Die grootste oorsaak van ongelukke is drank en onnoselheid. En ‘n kombinasie van dit. Spoed maak nie dood nie. SLEGS as dit die gevolg van drank of onnoselheid is. As spoed doodgemaak het was Super Sarel lankal dood.

Eps ·

Tragies dat twee mense moet sterf. Mens moet weet en verstaan wat die risiko is van onnosele besluite op die paaie. Dit is moeilik om te verklaar oor hoekom mense hul lewe prysgee vir kortstondige lawegeit. Hoeveel onskuldige mense sterf oor ander se lawegeit? Wanneer gaan mense leer?

Zelda ·

Ek het vir verkeer gewerk. Spoed grootste oorsaak van ongelukke

Corne ·

Nie behoorlike bestuurs vernuf, drank, arrogansie en verwaandheid.

Hendrik van George ·

Soos gesê – dop, spoed en onervare bestuurders. Net bly ander onskuldiges het nie seer gekry nie….

SNEL ·

Wonder of die 2 dames net passasiers was en of een bestuur en die ander een ook voor gesit het of hoe. 5 mense, 2 oorlede, derde persoon na hospitaal, wat van die ander 2? Hartseer, en ja, soos vorige kommentaar sê, drank, en om af te show voor maats, met nog nie eers n klomp ure agter die rug agter n stuurwiel nie, kan van die faktore wees wat bygedra het tot die ongeluk. Sleg as mens dink daar is ouers wat in vreeslike hartseer gedompel is vandag.

Jozi ·

Drank, spoed en onervare bestuurder.
Duidelik het hulle laat gekuier. Vinnige motor vir iemand in hul 20’s.
Moes dalk maar eerder van Uber gebruik gemaak het.
So onnodig!

Lana ·

Baie jammer vir die verlies aan lewe. Sterkte aan die ouers en geliefdes.
Weet nie wat die oorsaak was in hierdie geval, maar ek wil tog sê dat ek BAIE mense op paaie sien wat beslis nie dieselfde K 53 toetse as ek geslaag het nie, want hulle ken nie die reëls en regulasies nie.

leser ·

fancy kar, fancy spoed, fancy drank, fancy pille, fancy onnoselheid

carel ·

my oortuiging is dat jy as kind soveel tyd moontlik op jou fiets moes deurbring.. in die proses jou alie af geval het. dan ontwikkel jy n gevoel vir die relatiewe spoed hoe jy die oppervlak moet takseer en weet wanneer jou wiele gaan begin gly. as jy met wiele grootgeword het het jy n gevoel vir die pad en weet as jy n te groot kans begin vat

Niks bespiegel.... ·

1uur die oggend
Drank
Spoed
….MUUR!
geen rede om te bespiegel of te “vermoed” nie – mens Weet sommer

Lindtjies ·

Mense wat ook nie weet hoe om kragtige karre te beheer nie. Dronkbestuur speel ook ‘n groot rol. Weet van ‘n jong man wat sowat 2 maande terug tot die vroeë oggend ure by ‘n kuierplek uitgehang het. Hy het ‘n ongeluk gemaak waarin hy noodlottig beseer is. Sy kar het turbos ingehad. Baie tragies maar nog steeds leer mense nie.

Naas Vermaak ·

Berig se maar min….maar tog heelwat negatiewe opinies hier, moontlik reg, moontlik verkeerd….trant van die negatiwiteit is egter vir my meer onrusbarend….ons mense se deernis het verdwyn….default sienings is tragies

Lana ·

Naas, volgens my het mense se deernis nie verdwyn. Hulle probeer liewer waarsku aan die hand van sulke tragiese ongelukke.

Cherokee ·

Probleem is somtyds dat mense versigtig en volgens die reëls ry. By die spoedperk hou en kalm ry. Maar dan neem hy ‘n drankie of drie en dan neem ‘n ander ou oor. En daai ou kan ry hoor!

Vicky Alberts ·

Ek is baie beindruk met al die kenners hier. Wiel bars,uit swaai vir iets? Dit vat nie altyd spoed om in ongeluk te wees nie,en jy kan 60km/uur ry om jou nek te breek of hoof beserings op te doen as jy iets tref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.