Twee vroue vas na nóg ʼn skool brand

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie in Mpumalanga het ʼn brandstigtingsvoorval by die Laerskool Mavimbela in Mkhuhlu naby Hazyview in dié provinsie ten sterkste veroordeel.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, sê owerhede in Calcutta is op 6 Februarie na die skool ontbied ná ʼn wenk oor ʼn brand.

Volgens Sedibe was die administrasiegeboue van die skool asook die kantoor van die skoolhoof aan die brand toe polisieowerhede en brandweerdienste op die toneel opgedaag het.

Hy sê die polisie het onmiddellik ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur waarna twee vroue, glo lede van die skool se beheerliggaam, in hegtenis geneem is.

Grace Mabaso (35) en Margaret Mashaba (59) het albei Woensdag in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn en is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het gesê dit is baie ontstellend dat lede van die beheerliggaam en ouers van kinders in die skool na bewering betrokke is by die brandstigting by die skool, aangesien dié persone juis kinders se opleiding en onderwys moet ondersteun.

Die saak teen die twee vroue is tot 8 Maart uitgestel. Sedibe het gesê die ondersoek duur voort en die polisie wil daarom nie al die inligting tot sy beskikking onmiddellik bekend maak nie.

Dié nuus volg nadat ʼn brand ook Vrydagoggend in die administrasiegebou van Shondoni Secondary School in Vuwani buite Thohoyandou in Limpopo gestig is. Die waarde van die eiendom wat beskadig is, insluitend die gebou, is ongeveer R1,2 miljoen. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Dawie ·

Nou is daar nog minder skole en nog kinders wat in afrikaanse skole geplaas moet word. Wonder wat se Lesufi van ditt of is hy en die twee vroue dalk kop in een mus.

Mrs.B ·

Wat probeer hulle weg steek as die administrasie geboue af gebrand word?

Andre ·

Hulle het seker n versekeringspolis geldtjie nodig gehad – en die regering gaan dan vir hulle n nuwe skool bou met geldtjies wat iemand anders in elk geval sou laat wegraak het. Klink na n wen plan. Behalwe vir die kinders, maar dis more se moeilikheid.

Kunene ·

Vandag VAS en more LOS en oormore druk LESUFI al die kinders wat in die afgebrande skool moes skoolgaan in vol Afrikaanse skole in (nie in Engelse skole waar daar nog plek is nie), nee in VOL Afrikaanse skole. En as die skole sê hulle is vol, dan word hulle as rassisties bestempel. LEDE van die BEHEERLIGGAAM nogals? Sjoe wat ‘n goeie voorbeeld vir die kinders, geen wonder hulle gooi klip en brand alles af waarvan hulle nie hou nie. Skole word weekliks afgebrand, skole word weekliks beskadig, onderwysers molesteer kinders, kinders word verkrag en aangerand .. in plaas daarvan dat Lesufie en kie fokus op NUWE skole, wil hulle die skole met goeie resultate en goeie prestasies afbreek tot in die grond in, sodat dit ook later soos die afgebrande skole funksioneer. Die belastingbetaler wat elke dag gevloek en gedreig en geskel word moet maar WEER vir die herstel van die skole betaal. Dit is chaos in hierdie land van ons . en die koning eet sushi!

Leeutjie ·

Kunene ek het jou lang skrywe nou so geniet. Jy het n mondvol gehad en is sekerlik nog nie klaar nie. Wel ek stem 100% met jou saam en wil nog n stuk byvoeg…maar is so moeg vir hierdie kriminele se gedrag dat ek net beaam wat jy gese het!

Andries Visagie ·

“Lê Sophie by die huis rond? Nee! Besig om skole te verwoes!”

Realis ·

Stem 100% met jou saam Frikkie huis & geld! A la Winnie Style!

Charl ·

Die berig noem dat twee vrouens ivm die voorval in hegtenis geneem is en toe weer elk op borgtog van R1000-00 vrygelaat is. Aan die einde van die berig noem dit dat niemand nog ivm die voorval in hegtenis geneem is nie??

Sarah ·

Daar word van twee verskillende skole se brandvoorvalle gepraat. laasgenoemde skool se saak is daar nog geen arrestasies gemaak nie.

Nienie ·

Jy lees nie mooi nie. Dis n ander voorval by n ander skool.

Tania Heyns ·

Dagsê Charl

Dankie vir jou kommentaar. Die laaste paragraaf is ‘n opsomming van ‘n tweede voorval waar nog ‘n skool afgebrand is. Niemand is nog in dié voorval in hegtenis geneem nie.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Rerig??? ·

Hoekom vir hul borg gee? Laat hul in die tronk bly sit tot hul saak weer voorkom. Dit is al wat hul verdien.

Sè net ·

Hul wil al hulle skole afbrand sodat hul by die Afrikaanse skole kan kom betoog om toegelaat te word. ..hoeveel miljoene rande se skade van belasting betaalers se geld moet nog so in vlamme opgaan voor daar iets daar omtrent gedoen word? Maar nee foeitog ons moet altyd vir hulle jammer wees as daar nie genoeg skole vir almal is nie ?

Ella ·

Wat is fout met Afrika?
Dink net teregte wat met jou sal gebeur as jy n skool in se Aus, Europa of VSA afbrand.

Neil ·

Ek wonder net waar is die anc en eff nou om te toi-toi en goed te breuk oor n skool wat 2 van hulle mense aan die brand gesteek het. Gaan ons nou hof toe oor dit ook om te sê dat dit verkeerd was dat geen afrikaanse persoon hier mee iets te doen het nie. Lesufi sal seker net omdraai en sê nou gaan ons die kinders plaas in die wit skole om daai skool ook af te brand. Om die einde gaan tog ons tax geld geruik word om weer n skool te bou en nie hy of die anc en eff sal dankie sê nie. Ons afrikaners is goed genoeg om te help en ons geld is goed genoeg vir dit.

Ronnie ·

Hoe nou anders geskiedenis herhaal homself .
Die ANC het hulle mos geleer hoe om dit te doen in die sewentigs

Anoniem ·

Miskien moet kriminele volgens hulle dade gestraf word, dan kyk ons hoe voel hulle daaroor? Brand ‘n skool af en jou huis met alles daarin word afgebrand? Hoekom kry hulle borg? Ons nog brande te stig? A nee a, R1000 borg is deesdae niks vir kriminele nie!

Al ·

Die verhaling van skade kom mos nie uit brandstigters se sakke nie. So hoekom sal die skuldiges bekommerd wees?

Lindie ·

Charl & Henry 59
2 voorvalle: eerste by Laerskool Mavimbela in Mkhuhlu naby Hazyview . Mense in hegtenis.
Tweede by administrasiegebou van Shondoni Secondary School in Vuwani buite Thohoyandou in Limpopo. Skade: Omrent R1,2 miljoen. Geen arrestasie.

Ronnie ·

Hoe nou anders geskiedenis herhaal homself .
Die ANC het hulle mos geleer hoe om dit te doen in die sewentigs

Thelma B ·

Wow – skokkend – verseker is daar diefstal of bedrog betrokke deur die skuldiges wat in hegtenis geneem is……hoekom anders sal jy administrasie kantoor en hoof se kantoor afbrand?

Irene ·

Hoekom word hul vrygelaat veregaande hul moet sit in hie tronk ai man wird wakker sa

Johan. H. ·

Vroue is net so instaat tot enige lelelike misdaat as mans. Maar julle loop almal hoog heilig asof botter nie by julle kan smelt nie, Waar is een wat gister se sy kry skaam oor daaie blou kar insident by die vulstasie,,, ek kry skaam vir die menslike ras oor al die gemors wat die menslike ras aanvang, niemand is onskuldig nie,,,

cor ·

So lyk my vuurhoutjie trek en brandstig word nou as n skool vak aangebied. Skole word dan ook nou as demonstrasie gebruik hoe dit werk. Die twee vroue sal niks oorkom nie. Die beleid is mos onskuldig tot skuldig bewys is en dit is een van die provinsies waar dossiere verdwyn soos mis voor die lae veld se son.

C ·

Eish, die 2 anties se kiddies wou seker nie meer skool toe gaan nie en die pappa het gese solank as wat die skool staan sal hul gaan. Mammie kry die krosies toe jammer en gaan brand maar die skool af. Daarsy, the job is done. Nou kan jul maar by die huis bly een van die dae is jul 18 en dan gaan jul sommer reguit varsity toe en die government sal betaal. BRAVO vir die nuwe suid afrika!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.