Twee vroue vas oor moord

mes-aanval

Argieffoto

Twee vroue, onderskeidelik 21 en 24 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van twee afsonderlike sake van moord.

“Die 24-jarige verdagte is Vrydag in Itsoseng in Noordwes in hegtenis geneem,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy is in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn 57-jarige man met ʼn mes doodgesteek het.” Volgens die inligting wat die polisie ontvang het, het die slagoffer sy vriend, die verdagte se oom, besoek toe die man en die vrou begin baklei het. “Die 57-jarige man wou glo nie die perseel verlaat het nie, selfs nadat die vrou hom beveel het om dit te doen. Sy het glo ʼn mes te voorskyn gebring en die man aangeval.” Die man is op die toneel dood verklaar en die vrou is kort daarna in hegtenis geneem.

“ʼn 21-jarige vrou is Saterdag in Hartbeespoort in hegtenis geneem in verband met die moord op haar kêrel,” het Mokgwabone bygevoeg. “Volgens inligting het die vrou by haar 33-jarige kêrel gekuier toe hulle begin baklei en sy hom met ʼn mes doodgesteek het.” Die man is op die toneel dood verklaar en die vrou is in hegtenis geneem nadat die saak by die polisie aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

André ·

Ek kan nie verstaan dat mense lewens so min beteken dat ‘n lewe sonder skroom geneem kan word nie…….

Riekie ·

Hoe barbaars kan jy nou kry? Is dit die nuutste gier? As jy nie jou sin kry nie maak jy die person food?

Carl Jordaan ·

Wat gaan aan? is daar nou meer vroue wat bereid is om dood te maak? In hoeveel gevalle speel messe n rol?

Donovan ·

Die vyand het gekom om te slag, steel en te verwoes… Hierdie manne is geslag en hulle lewens is gesteel en die vroue wat agter bly se lewens vorentoe is nou verwoes… Die geveg is nie vlees teen vlees nie maar in die geestelike… en die geestelike het oorhand oor die vlees… en die gees sal die vlees vernietig…

pop ·

Hoeveel keer is hulle nie dalk voorheen tot duskant die dood gevoeter nie. So hulle was dalk ook gatvol. Hoe sal ons weet.

tamboti ·

Ditsem Pop, jy slaan die spyker op die kop, drank kan ook ‘n rol gespeel het maar ja, as die man nugter en wakker was, sou hy darem kon vlug voor die vurige vrou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.