Die polisie in Tzaneen in Limpopo is op soek na twee vroue wat na bewering Saterdag ʼn 25-jarige ryloper bedwelm en verkrag het.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê twee middeljarige vroue was glo op pad na Polokwane toe hulle die man ʼn saamrygeleentheid aangebied het.
Volgens sy verklaring het die vroue ʼn vuurwapen op hom gerig en kort daarna met die motor in ʼn beboste gebied in Magoebaskloof stilgehou, waarna die vroue hom glo beveel het om ʼn dwelmmiddel te sluk.
Ngoepe sê die vroue het daarna die man verkrag. “Nadat hulle hom verkrag het, het hulle verder weg van Magoebaskloof gery en die man toe in ʼn verlate omgewing naby Tzaneen se middestad afgelaai. Hy is daarna na ʼn polisiestasie toe om die voorval aan te meld,” sê Ngoepe.
Hy sê die man is in die hospitaal opgeneem vir mediese behandeling. Die polisie in die provinsie het ook dié soort voorvalle, waarvan daar die afgelope jaar al verskeie in die provinsie was, veroordeel.
Enigiemand met meer inligting rakende die voorval word gevra om lt.kol. Cecil Machimani van die Limpopo-polisie te bel by 082 451 7181.
Dis nou vreemd ! Ouer vrouens wat jong man bedwelm vir so n aanval is bizar .
Dis baie vreemd. Siek om die m8nste van te sê.
Ag nee wat die natuur het ook verander of is ek dom? Hoe verkrag n vrou n bedwelmde man?
Daar is by ‘n vorige soortgelyke insident al verduidelik dat die man se liggaam onwillikeurig op stimulasie reageer – ongeag of sy brein bedwelm is.
Jou bloed gaan staan nie stil nie, so ook nie jou hart nie. Dus is dit moontelik.
Dis vreeslik en ‘n misdaad. Hoop die vrouens word spoedig gevang en gevonnis.
Wanneer is dit weer stop misdaad teen vrouens “campaighn”
Wonder of die ou spog of kla…..