Twee vroue verkrag, kerk beroof

Foto: Pixabay

Twee vroue is Vrydagaand in ʼn kerk in Mpumalanga verkrag voor die aanvallers met musiekinstrumente en die pastoor se voertuig gevlug het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die polisie in Mhala het ʼn soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat op die kerk in Thulamahashe naby Bosbokrand toegeslaan het.

“Die twee vroue was omstreeks 23:00 in ʼn vertrek in die kerk toe hulle ʼn geweerskoot gehoor het. Iemand het kort daarna aan die deur geklop. Drie mans, gewapen met ʼn pistool, het die door oopgedwing. Hulle het die vroue met die vuurwapen gedreig en wou weet waar die pastoor homself bevind. Hulle het daarna kontant geëis en die vroue glo verkrag.”

Die verdagtes het met musiekinstrumente van die kerk, ter waarde van ongeveer R28 000, en die pastoor se silwerkleurige Kia Picanto van die toneel gevlug.

Enigiemand met verdere inligting word versoek om kapt. Dexter Ndlovu te kontak by 072 624 5133.

“Dis ontstellend dat verdagtes nou ook plekke van aanbidding teiken,” het lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris, gesê. “Ons maan gemeenskappe om op hul hoede te wees en nie enige gesteelde items aan te koop nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Samuel

Dit is tragies dat SA’ners nie eens ‘n kerk veilig kan voel nie. Het misdadigers die oorhand gekry in SA?