Twee vrouens op Vryheid-plaas aangeval

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Twee vrouens is Donderdagoggend op ʼn plaas naby Vryheid in KwaZulu-Natal deur drie gewapende rowers oorval.

Maj. Thulani Zwane, het gesê Sancha Labuschagne (47) en die gesin se huishulp het ligte beserings tydens die voorval opgedoen. Zwane kon nie die huishulp se naam bevestig nie.

Zwane het gesê die rowers het glo die huishulp oorval toe sy uitgegaan het om die ganse te voer. Hulle het haar met draad vasgebind en in die badkamer toegesluit. Hulle het Labuschagne gedwing om die kluissleutels te oorhandig en het drie vuurwapens en twee windbukse gesteel. Labuschagne is in haar gesig geslaan, maar is nie ernstig beseer nie.

Die rowers het daarna op die vlug geslaan. “’n Saak van huisbraak word ondersoek,” het Zwane gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eddie ·

Jip dit is hoe dit is. Word aangerand en geslaan en al wat hulle gaan ondersoek is huisbraak. Hierdie land van ons is n joke. Nie eers as jy dood geskiet of geslaan word word daar gese hulle ondersoek n saak van moord nie. Wat is n mens se lewe werd in hierde land van ons. Nou vra hulle ook wanneer mag jy iemand skiet en en en????. As hy in jou erf is en hy hoort nie daar nie skiet hom as jy die kans kry. Dit is jou lewe of syne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.