Twee vrygespreek in Fidentia-saak

J Arthur Brown buite die Wes-Kaapse hooggeregshof op 15 Mei 2013 Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

J Arthur Brown buite die Wes-Kaapse hooggeregshof op 15 Mei 2013 Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Twee mans wat daarvan beskuldig is dat hulle J Arthur Brown, die voormalige hoof van Fidentia Holdings Group, bedrieg het om aandele van R160 miljoen in Webworths te koop, is Dinsdag onskuldig bevind.

Staatsaanklaer Max Orban het aangevoer die aandele is baie minder werd, en die transaksie is gebaseer op vervalsde finansiële state wat deur die rekenmeester David Warren voorberei en geoudit is.

Webworths was ten tyde van die transaksie, in 2005 en 2006, besit deur die MI Cunningham Trust, wat aan Melvyn Ivor Cunningham behoort het.

Warren en Cunningham het Dinsdag in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn. Landdros Sabrina Sonnenberg het ʼn aansoek deur die verdediging vir hul vryspraak en ontslag toegestaan.

Sonnenberg het bevind daar is geen bewyse teen die twee mans waarop die hof hulle kan skuldig bevind nie. Sy sê die finansiële state waarop die transaksie gebaseer is, kon moontlik vals wees, maar nalatigheid is nooit gelykstaande aan opsetlike wanvoorstelling nie. Daar is ook geen bewys dat Brown op die betrokke finansiële state reageer het nie.

Brown is in April 2013 op twee aanklagte van bedrog skuldig bevind en op sewe aanklagte vrygespreek. Hy is ʼn maand later met R150 000 beboet en tot drie jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vier jaar opgeskort is. Hy het die boete betaal. Die staat het die hoogste hof van appèl genader om Brown se “verbasend en onvanpaste ligte vonnis” te heroorweeg. -SAPA

Lees ook:
Tekort van R744 miljoen by Fidentia
Staat wil teen Fidentia-baas se “ligte vonnis” appelleer
Teleurstelling oor Brown se “ligte” vonnis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Hierdie brown knaap het weggekom met n ! Ligte tik! Oor die vingers, hy het soveel leed veroorsaak…???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.