Twee wat bakkie stoot, sterf in botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans is  Sondagaand dood nadat hulle deur ʼn motor getref is onderwyl hulle ʼn bakkie op die N12/R21-vertakking in Boksburg gestoot het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms het die bakkie in die noodbaan gestaan en ʼn motor aan die regterkant van die hoofweg. “Die liggame van twee mans is op die hoofweg gevind.”

Volgens Meiring het een van die mans reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. “Die tweede man het ernstige beserings opgedoen. Sy lewenstekens het vinnig verswak. Paramedici kon egter nie daarin slaag om die man by te bring nie en hy is later op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê ʼn derde man het ook ernstige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. “Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.”

Volgens Meiring was die twee oorledenes glo besig om hul bakkie van die vinnige baan na die ander kant van die hoofweg te stoot toe die motor die bakkie van agter getref het. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan S ·

Maroela – kan julle dalk vir ons ‘n datum / tyd gee wanneer die botsing plaasgevind of gerapporteer is?

Landi Slatter ·

Dagsê Jan S

Dankie vir jou navraag. Die berig is nou gewysig en die datum en tyd van die ongeluk bygewerk.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Jaques ·

GAAF, wie se dit was ‘n jaagduiwel?
Wie se nie die bakkie wat gestoot was, was dalk sonder ligte nie, in die geval moes die noodligte (Hazards) aangewees het?
Die mense wat die voertuig gestoot het, kon ook donker klere aangehad het, en dalk self voor die noodligte gewees het in die poging om die voertuig te stoot, wat in alles, die voertuig “onsigbaar” gemaak het in die aand tot dit te laat was.

G ·

Hoe STOOT mens ‘n kar vanaf die vinnige baan na die anderkant van die hoofweg toe? Dit is mos nou vir moeilikheid soek? Die wat sê dis ‘n jaagduiwel se skuld, gaan werk ‘n bietjie die stopafstand uit wat ‘n persoon nodig het om van 120km/h na 0 toe te gaan.

n ·

eerstens – jy stoot nie ‘n voertuig oor die hoofweg nie. wag tot hoofweg patrollie verbykom, stop hulle en hulle sal help
tweedens – hoekom moet daar altyd gese word dis ‘n “jaagduiwel” se skuld vir ‘n ongeluk?

snoefie naam ·

“n” in watter movie lewe jy waar die hoofweg-patrollie gaan opdaag en jou help? ek sien xanado loop leeg terwyl hulle inwoners op mm baljaar. innigste simpatie aan families en vriende. kommentaar

Jaco Grobler ·

Ek het al een keer deur ‘n plattelandse dorpie gery waar die straatligte af was, ek het juis stadiger gery a.g.v. dit. Daar le klomp mense en werk aan ‘n gebreekte voertuig in die middel van die pad, hulle amper mo3rtie gery. Op ‘n snelweg dubbel so gevaarlik. Wetteloos en onkundig, die voorbeeld word gestel deur ons leiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.