Twee wat boere glo terroriseer ‘te gevaarlik’ vir borg

court-hammer_thumbTwee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle boere in Malalane, Mpumalanga geterroriseer het, is borgtog geweier nadat ’n ondersoekbeampte getuig het hulle hou ’n gevaar in vir die publiek.

Die beskuldigdes, Siyabonga Masilela en Ndumiso Mahlalela, albei van Tonga, het onskuldig gepleit op nege aanklagte elk toe hulle Donderdag in die Tonga-landdroshof verskyn het. Die aanklagte sluit moord, poging tot moord, huisbraak, diefstal, roof met verswarende omstandighede en die besit van ongelisensieerde vuurwapens in.

“Hierdie verdagtes is baie gevaarlik vir die gemeenskap en hulle het nie ‘n permanente woonadres nie. Hulle word ook verbind met talle onopgeloste sake in die Nkomazi-gebied,” het ao. Mgugugu Leonard Bhembe, die ondersoekbeampte, getuig.

“Die verdagtes se vingerafdrukke word met verskeie sake by ses polisiekantore in Nkomazi verbind. Hulle is te gevaarlik om in die gemeenskap te woon.”

Masilela is op 13 Februarie in hegtenis geneem en Mahlalela op 13 Maart.

Landdros Sibonisiwe Sibuyi het die saak tot 2 Julie uitgestel sodat ’n verhoordatum in die hooggeregshof bepaal kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.