Twee wat DA-lede aanrand “nie ANC-lede nie”

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoDie ANC ontken dat twee mans wat daaraan skuldig bevind is dat hulle DA-lede aangerand het, lede van die regerende party is.

“Hulle is nie ons lede nie, hulle is nie ANC-lede nie,” het Mandla Ndlovu, streeksekretaris van die ANC in Mpumalanga, gesê. Lionel Makhubedu en Prayer Mokoena het twee DA-lede aangerand terwyl hulle verkiesingsplakkate in Bosbokrand in Mpumalanga opgesit het.

Makhubedu en Mokoena is Woensdag in die Bosbokrand-landdroshof tot drie maande tronkstraf gevonnis en ʼn boete van R1 000 elk opgelê.

Phillip Mkhombo, DA-woordvoerder, beweer die twee mans is ANC-lede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.