Twee wat glo goud versteek by lughawe vasgetrek

Foto: SAID

Foto: SAID

Twee mans is Vrydagaand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hulle 39 goudstawe uit die land probeer smokkel het.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê die goudstawe, ter waarde van ongeveer R18,7 miljoen, is in die mans se handbagasie gevind nadat doeanebeamptes ʼn wenk opgevolg het.

“Een van die passasiers is ʼn Mosambiekse burger wat op pad was na Dubai nadat hy vroeër vanaf Mosambiek geland het. Die tweede passasier is ʼn Pakistani wat in Suid-Afrika woon. Hy het nie ʼn instapkaart gehad nie, maar het aan die beamptes gesê hy was op pad na Mosambiek,” het Memela gesê.

Van die goudstawe is in die Mosambieker se tas gevind waar dit in T-hemde toegedraai was, terwyl ander in ʼn papiersak binne die tas gevind is. Die stawe het altesaam 37 kg geweeg. Die Mosambieker het beweer die Pakistani het hom die handbagasie gegee om te dra.

“Daar word vermoed dat die twee mans die sekerheid by die lughawe omseil het in samewerking met lugredery-sekerheidsbeamptes,” het Memela gesê. Albei mans is in hegtenis geneem en sal Maandag in die hof verskyn.

In ʼn soortgelyke voorval is ʼn man Donderdag by die King Shaka-lughawe in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem omdat hy 48 goudstawe met ʼn gewig van 5,6 kg onder sy klere versteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GES ·

Dit sal interessant wees om staistiek te bekom van wat elke groepering se spesialiteit is.
# Mense handel, prostetusie en verdowingsmiddels ( ?)
# Goudsmokkel ( ?)
# Geldwassery ( ?)
# Plaasmoorde ( ?)
Kan Maroela miskien statistiek byhou en dit van tyd tot tyd deurgee? Dit is slegte nuus in elkgeval maar miskien kan ons tendense waarneem en iets daaruit wys word.

Peet Schabort ·

Hierdie goud kom nou uit myne wat onekonomies geraak het om te ontgin. Wys mens net wat kan gedoen word.

Swanna ·

Ja nee net soos hulle is sal altyd die ander persoon die skuld gee, nooit hulle wat droog maak nie.

FC ·

…..nadat doeanebeamptes ‘n wenk opgevolg het. Niemand word vasgetrek sonder wenke nie.

…..sekerheid omseil na gekonkel met lughawe sekuriteit. Word hierdie bewering (of feit) ooit ondersoek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.