Die twee mans wat Dinsdagoggend vroeg dood is toe hul motor in Sacks Circle in Bellville in die Wes-Kaap met ʼn vragmotor gebots het, was besig om vir die polisie weg te jaag ná ʼn winkelroof.
Lt. Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het die oggend vroeg ʼn verdagte Toyota Yaris buite ʼn drankwinkel in Durbanville sien staan voordat hulle gaan ondersoek instel het.
By nadere ondersoek het hulle gesnap dié voertuig dien as wegkommotor vir twee mans wat besig was om ʼn nabygeleë drankwinkel te beroof.
Die bestuurder van die voertuig het die polisielede – wat nie in ʼn motor was nie – probeer omry, maar kon nie daarin geslaag nie.
Een van die verdagtes het in die motor gespring waarna die Yaris weggejaag het, terwyl die ander verdagte, ʼn 23-jarige man, in hegtenis geneem is.
Die motor het enkele minute later met ʼn vragmotor gebots. Een van die mans is weens die impak van die botsing uit die motor geslinger terwyl die ander man in die wrak vasgekeer was. Albei is op die toneel dood verklaar.
Intussen het die veiligheidsbeampte van die winkel, wat ook in die rooftog vasgevang was, by die polisiestasie inmekaargesak en gesterf toe hy ʼn verklaring wou aflê. Traut het gesê die oorsaak van dié man se dood is nie bekend nie.
Die polisie ondersoek die saak.
Goeie nuus, dankie Maroela.
My innige simpatie aan die veiligheidswag se familie.
Die blinde sambok slaan hard.
Nice…baie nice…
Ongelukkig nie net goeie nuus nie. Baie jammer om van die veilgheidswag se afsterwe te hoor!
There’s it !!!!
Karma het die doodstraf toegepas.
Hulle sal gelukkig nie weer kan roof en steel nie! Dankie vir die blinde sambok…
Sjoe, maar die Blinde Sambok het mooi hard en duidelik gepraat.