Twee wat teen DA draai uit, een bly

Victor Manyati. Foto: Raahil Sain/ANA

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het twee DA-raadslede wat teen die party gedraai het, as raadslede verwyder.

Trevor Louw en Neville Higgins is as raadslede verwyder nadat die DA die hof genader het met die versoek. Die DA het die hof ook gevra om Victor Manyati as raadslid te verwyder, maar die hof het bevind dit is nie nodig om ʼn bevel rakende sy lidmaatskap te maak nie.

Manyati het vroeër vanjaar buite stemming gebly toe ʼn mosie van wantroue teen Athol Trollip ingestel is. Dit het die DA sy beheer oor die metro gekos.

Louw, Higgins en Manyati het die DA se aansoek teengestaan en die hof versoek om uitspraak te lewer rakende hul status as partylede en raadslede. Hulle het aangevoer die DA het nie die regte prosedures gevolg om van hulle ontslae te raak nie.

Regter Elna Revelas het bevind dat die DA die regte prosedures gevolg het met die beëindiging van Higgins en Louw se lidmaatskap. Sy het egter bevind daar is nie gronde vir die aansoek teen Manyati nie.

Sy het verder gelas dat daar binne 90 dae tussenverkiesings gehou word om die vakante poste in wyk 35 (Louw) en wyk 37 (Higgins) te vul.

Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, het gesê die party is tevrede met die uitspraak, maar meen dit is “bisar” dat die hof hul aansoek rakende Manyati van die hand gewys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maljan ·

So duidelik soos daglig wat hier gebeur. Hoekom geld verskillende reels vir swartmense? Ek is seker die da het op dieselfse manier met al drie omgegaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.