Twee wat verdrink was UJ-studente

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Die twee studente, wat die afgelope naweek by ʼn lodge buite Pretoria verdrink het, was op ʼn spanbou-uitstappie saam met ʼn daghuis van die Universiteit van Johannesburg (UJ).

Maroela Media het vroeër berig die twee studente was deel van ʼn groep van 44 studente, wat ʼn spanbou- en jaareindfunksie bygewoon het.

Kaamini Reddy, woordvoerder van die UJ, het gesê die spanbou-geleentheid is deur ʼn dagkoshuis van die UJ gereël. “Agt studente het self besluit om op ʼn riviervaart te gaan, wat nie deel van die amptelike program was nie. Die boot het glo omgeslaan en twee van die studente het verdrink.”

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê polisieduikers het die studente se liggame uit die dam gehaal.

Volgens Reddy het die bestuur van die UJ reeds met die oorledenes se families kontak gemaak. Sy het nie die name of ouderdomme van die studente bekendgemaak nie.

Reddy het gesê berading sal beskikbaar gestel word aan die families van die oorledenes, asook enige studente wat die voorval sien gebeur het. Die universiteit sal ook die twee studente se families met die begrafnisreëlings bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Buitestander ·

Hoe tragies dat daar jaarliks met afsluit funksies so baie mense die lewe verlaat omdat nie by die reës gehou word nie.
Slim vang altyd sy baas!!!

charmaine ·

Ja dit is hartseer, dit is hoekom ek maar eeder by die werk kom sit terwyl die res van my kollegas gaan “speel”. En dan hoef ek ook nie te kyk hoe suip hulle nie.

Tom Kruger ·

Die artikel is nie feitelik korrek nie: ‘n privaat persoon verbonde aan die lodge het 1 student (wat gepoog het om die ander twee te help), gered van gewisse dood en hy het een ligaam uit die dam gehaal en probeer om die student te red met mond tot mond. Hy was egter klaar dood. Na pogings om die tweede ligaam te herwin, onsuksesvol was, is die polisie duikers ontbied.

Landi Slatter ·

Dagsê Tom,

Dankie vir jou terugvoer. Die inligting in die berig vervat is soos Maroela Media dit vanaf die universiteit en die betrokke paramedici ontvang het. Indien jy inligting het wat jy onder ons aandag wil bring kan jy ‘n e-pos stuur na [email protected].

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.