Twee wat vrou se keel tydens roof oopsny, sit lank

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is Vrydag in die Mosselbaai-streekhof gevonnis nadat hulle meer as twee jaar gelede ʼn vrou, een van die mans se voormalige werkgewer, se keel met ʼn mes oopgekloof het tydens ʼn rooftog.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Joseph Motlomelo en Lionel Kennedy is effektief tot 21 jaar tronkstraf elk gevonnis. Die twee is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van huisroof, 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede en tien jaar vir poging tot moord. Van die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Aneen Barnard (58) is op 18 Augustus 2014 wreed aangeval in haar huis in Grootbrakrivier. Motlomelo, wat voorheen vir die Barnard-gesin gewerk het, het by Barnard se huis opgedaag en gesê hy is weer op soek na werk. Barnard was alleen tuis aangesien haar man by die werk was. Terwyl Barnard met Motlemelo staan en praat het, het Kennedy by die huis ingebreek, Barnard oorweldig en gedwing om die voordeur oop te sluit.

Motlomelo en Kennedy het hierna kontant van R135 000, ʼn skootrekenaar, twee selfone en juweliersware gesteel.

Barnard is erg aangerand tydens die rooftog. Sy is so hard gewurg dat sy haar bewussyn verloor het. Sy het later in ʼn plas bloed wakker geword. Haar keel was oopgekloof en sy kon nie sien nie. Sy het na die telefoon gekruip en haar man gebel. Sy is na ʼn hospitaal geneem waar ʼn noodoperasie gedoen is. Haar keel is sowat 13 cm oopgekloof en sy het permanent gevoel in haar keel en een skouer verloor.

Barnard het haar aanvallers aan die polisie uitgewys en hulle is kort ná die aanval in hegtenis geneem. Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KarooKlong ·

Wou ook sê dit begin al hoe beter klink vir die slagoffers.
Welgedaan en dankie aan die Landros.
Sterkte aan die dame en haar gesin.

Ben Prinsloo ·

Die vraag is egter of hulle die volle tydperk gaan uitdien of gaan hulle weer parool kry na n paar jaar.

Net ek ·

Nee wat ek sou ñ baie korter termyn verkies vir hulle. Net so half uur aandie die eindpunt van ñ tou.

Wilhelm ·

Enigste oplossing vir diesulkes is om te eindig aan die punt van ‘n tou, maar ons heg mos meer waarde aan die oortreders as aan die lydende partye. Doen weg met die sogenaamde menseregte en neem hul vir altyd uit die samelewing.

Sue ·

Soos ek al hoeveel kere gese en gevra het. Kyk hoe vining kon hulle die “wit”man se foto’s publiseer in so saak. Weinig of selde word foto’s van die “ander” mense gepubliseer. Dis baie moeilik om te glo dat hulle geen fotos het van die mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.