Twee weer vas ná ontsnapping uit polisiestasie

Argieffoto

Argieffoto

Twee van die nege gevangenes wat Woensdag uit die selle van die polisiestasie in Stellenbosch ontsnap het, is weer vasgetrek.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat Enrico Piedt (34) en Phumlani Mayembana Stix (39) vanoggend deur die polisie in hegtenis geneem is. Die ander sewe ontsnaptes is steeds op vrye voet.

Maroela Media het vroeër berig die gevangenes het volgens die polisie Woensdag tussen 14:15 en 14:45 uit die polisiestasie se selle ontsnap. Hulle het almal vroeër in die hof verskyn op verskillende aanklagte van gewapende roof, verkragting, diefstal en roof.

Rwexana wou nie Vrydag kommentaar lewer oor bewerings dat die gevangenes glo bloot die hek van die polisiesel oopgestoot en uit die polisiestasie gestap het nie. Sy het slegs gesê dat die polisie se ondersoek na die voorval nog voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louis ·

Dink die polisie beampte was seker weer omgekoop, gebeur baie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.