Twee weermaglede in see vermis

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Die Suid-Afrikaanse weermag het Maandag bevestig dat twee soldate wat meer as ʼn week gelede in die see aan die Oos-Kaapse kus vermis geraak het, nog nie opgespoor is nie.

Die twee lede was van diens af toe hulle op 16 April vermis geraak het. Hulle het in die see by Port St Johns gaan swem en vermoedelik in die moeilikheid beland toe seetoestande skielik verander het.

Die weermag het Maandag die twee lede geïdentifiseer as Mcedisi Rudolf Mandyu (48) van Worcester, verbonde aan die voetsoldaatskool in Oudtshoorn, en Themba Nelson Sithole (27) van Rustenburg, verbonde aan die valskermbataljon in Bloemfontein.

Brig. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het gesê die soektog na die lede gaan steeds voort. Die vermiste mans se familielede is ingelig en hulle het reeds die toneel waar hul geliefdes vermis geraak het, besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet Snot ·

“Voetsoldaatskool”: dis nou ‘n mooie.
Ons eenvoudige mense sê sommer “Infanterieskool”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.