Twee weke sonder beurtkrag

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Sondagoggend gesê die kragnetwerk is tans stabiel, met ʼn lae risiko vir beurtrkrag.

“Dit stel Eskom in staat om sy beplande instandhouding uit te voer,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Eskom het al die afgelope 14 dae nie beurtkrag toegepas nie.”

Eskom se doel is om aan die land se elektrisiteitsbehoeftes te voldoen en sy kragopwekkingseenhede in stand te hou met die minimum of geen beurtkrag.

“Indien ons egter verdere kragopwekkingsvermoë verloor, kan die moontlikheid van beurtkrag toeneem, en Eskom sal dan sy verbruikers dienooreenkomstig in kennis stel.”

Eskom doen weer ʼn beroep op sy klante om steeds hul elektrisiteitsverbruik te verminder deur die loop van die dag, maar veral tydens spitstye tussen 06:00 – 10:00 en 17:00 – 21:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Geluk Maroela met die argieffoto waar al die gloeilampe brand wat ook ‘n aanduiding is van Eishkom se vermoë die afgelope twee weke. Dat dit nie kragbesparende ligte is is nie só belangrik dat die kragtoevoer sal uitskop a.g.v. die argieffoto.

magriet ·

good job eskom, hoop dit is toe te skryf dat daar dalk nou iemand met verstand en beplanningsvermoe is wat in charge is???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.