Twee wêreldrekords, drie braaikonings

LUR Albert Fritz by die braaikonings Richard, Pieter en BraaiBoy

LUR Albert Fritz by die braaikonings Richard, Pieter en BraaiBoy

Drie van Suid-Afrika se beste braaiers het die afgelope paar dae twee amptelike Guinness Wêreldbekerrekords by die V&A Waterfront in Kaapstad verbeter.

LP Pieter van Dalen en BraaiBoy het die vier dag lange spanpoging aangepak en het 91 uur, 46 minute en 9 sekondes lank aaneen gebraai. Richard Knoetze het sy eie vorige rekord van 96 ure verbeter en uiteindelik 112 ure, 27 minute en 59 sekondes lank gebraai.

Die Braai Polar-inisiatief is ʼn wêreldbekende handelsmerk en word ondersteun deur die Face Bipolar-organisasie, wat deur Knoetze op die been gebring is. Die braaikonings het die rekordpogings aangepak om bewuswording te skep oor bi-polêre gemoedsversteuring.

Face Bipolar is ʼn digitale platform wat raad bied oor voeding en oefening asook ondersteuning vir persone wat aan dié gemoedsversteuring ly.

Adv. Albert Fritz, provinsiale LUR van maatskaplike ontwikkeling, het die drie braaiers amptelik geluk gewens. “Die departement bly toegewy daaraan om dienste te verskaf aan persone wat met gebreke leef,” het Sihle Ngobese, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê. “Die departement het die afgelope vyf jaar sy begroting verdriedubbel om persone met gebreke by te staan.”

Nog foto’s op BraaiPolar se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.