Twee werkers in mynongelukke dood

Argieffoto

Argieffoto

Twee werkers van Harmony Gold is vandeesweek by twee verskillende myne dood.

Die Harmony Gold-mynmaatskappy het in ʼn verklaring gesê een van sy werkers is Donderdagaand by die Joel-myn in die Vrystaat dood toe hy ʼn geblokkeerde laaidrom probeer ontblok het. Rotsbreekaksies en die ophys van ystererts is tydelik gestaak terwyl die voorval ondersoek word.

Dit is die tweede mynwerker wat vandeesweek aan diens dood is nadat nog ʼn Harmony Gold-werker Maandagoggend by die Kusasalethu-myn naby Carletonville in ʼn spoorwegongeluk oorlede is. Harmony het gesê spoorbedrywighede op die vlak waar die ongeluk plaasgevind het, is gestaak terwyl die voorval ondersoek word.

Harmony se bestuur het sy innige meegevoel met die oorledenes se families uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.