Twee werknemers van ATKV Buffelspoort doodgery

Frikkie Peters

Twee werknemers van die ATKV Buffelspoort-vakansieoord naby Rustenburg in Noordwes is Dinsdagmiddag in ʼn tref-en-trap-ongeluk dood.

Frikkie Pieters, in sy 40’s, en Jacques van Niekerk, in sy 50’s, het vir ʼn fietswedren geoefen toe hulle raakgery is.

Reinard du Plessis, hoofbestuurder van bemarking en kommunikasie van ATKV-Sake, het gesê Pieters was die restaurantbestuurder by die oord en Van Niekerk het as assistent- tegniese bestuurder gewerk. Dit blyk op sosiale media dat albei mans se vroue ook by die oord werk.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 17:00 op die N4 naby die Elandsdrift-omgewing plaasgevind. Pieters en Van Niekerk is van hul fietse afgery voor die bestuurder van die motor van die toneel gevlug het. Albei mans is op die toneel dood verklaar.

Jacques van Niekerk

Volgens Botma het die polisie kort ná die voorval op ʼn silwer VW Polo afgekom in bosse naby die toneel. Dié motor is vroeër die dag as gekaap aangemeld by die polisie in Brits. Botma het bevestig dat daar skade aan die motor was en dat dit ingesleep is om ondersoek te word.

Dit kan nie in dié stadium bevestig word dat dié motor beslis by die tref-en-trap-voorval betrokke was nie. Botma het bevestig die polisie ondersoek sake van strafbare manslag en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

Gregg Taylor, voorsitter van die Rustenburg-fietsryklub, het sy medelye met die oorledenes se families betuig.

“Ons innigste meegevoel aan die Pieters- en Van Niekerk-gesinne met die afsterwe van Frikkie en Jacques. Ons bid vir Arlien, Amelda en julle gesinne en families, asook die kollegas by ATKV Buffelspoort in hierdie hartseer tyd,” het die Magaliesberg Gesinskerk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johnnie ·

Die polisie moet die as n moord ondersoek en nie as n strafbare manslag nie. My innige simpatie met die gesinne.

Elsa ·

Op spits tyd en openbare paaie = moeilikheid vir drawers en fietsryers. So jammer vir hierdie gesinne. Mag jul be rusting vind

Ralph ·

Baie tragies. Ons innige simpatie. Maar fietsryers word mos nie toegelaat op n snelweg nie.

Kayla ·

Oom Frikkie ek het nie woorde nie, rus sag oom sal beslis na verlang word… sterkte aan die famillie

Blommie ·

Mens kan nerens meer fiets ry of gaan draf nie.
Ek draf en glo my mense gaan uit hulle pad uit om te kyk hoe naby hulle verby jou kan ry, daar is op jou roete nie altyd genoeg plek op dys kant nie. Dan moet jy ongelukkig in die pad op kan hardloop, glo dis ook so oor die fietsryers, mense gin mekaar NIKS in die lewe nie. NIKS en dan is daar OOR as genoeg plek vir motoriste om verby te kan ry, dit maak my so KWAAD, maar BAIE sterkte aan die familie en vriende, dis so onnodig!

Abel ·

Dis baie hartseer – sterkte aan die mammas en hul kinders wat agtergelaat word.

Petro ·

Ai Frikkie, my hart het in my skoene nou gesak!!! Jy gaan beslis gemis word by Buffelspoort. Sterkte aan beide families!!

Leon ·

As fietsryer, my innige simpatie aan die hele gesin, en ook die mense van die oord.
Mag SY hand van beskerming en rus oor julle wees.

Alet ·

My dogter is ook 6jaar terug dood gery in Rustenburg daar het dadels van gekom

Jerry ·

My innige simpatie met die oorledenes se geliefdes. Dit is gebeure soos hierdie wat fietsryers, atlete, boere, huiseienaars, eintlik almal van ons moet laat besef dat ons in SA ons lewensstyle drasties moet aanpas!

treurgrond ·

My absolute innige meegevoel met die familie, vriende en medewerkers. Dis net baie hartseer, baie hartseer.

Herman ·

Sit gebeur heeltemaal the veel om n ongeluk the wees veral met n gekaapte motor.

Erica Roos ·

Ag nee dis tragies albei goeie vriendelike mense gewees talle male gekry by die garage kafee of by karanis en altyd gegroet . Niemand en niks is meer veilig op ons paaie, niemand het meer respek vir ‘n ander

MANDIE STANDER ·

Die Stander familie, wil graag hulle meedeleie teen die families betoon. Dit is wreed dat ons paaie so gevaarlik is. Baie sterkte, ons bid vir julle

Svl ·

Nee. Neeeeee. Dit is absoluut onaanvaarbaar.
Seker weer ń menslike fout. Geen aanmelding.. geen vervolging. Wreed.
Al Jesus se liefde vir die 2 huisgesinne.
Wreedaards sal hulle dag kry.

Tina ·

Baie hartseer nuus van die twee manne met goeie harte. Altyd vriendelik gegroet. Gaan verseker hul gesigte mis by die oord. Alle sterkte aan die families. Ons dink aan julle. Die Du Toit’s van Buffelspoort.

Lizette Heeres ·

Innigste simpatie met albei gesinne en hulle families, vriende en mede kollegas en bestuur…. Ons veiligheid is nêrens verseker nie… Veral nie in n manipulerende en wettelose land en tydperk waarin ons elkeen ons bevind nie. Gebede reik uit na almal betrokke

anton ·

Hierdie lyk vir my eerder na opsetlike moord!!!
Ek kan nie anders as om te dink dit was beplande moord nie want hoekom wegjaag van die toneel ???
Volgens wet moet jy stilhou na n ongeluk.

Jakkalsdraai ·

Nog 2 van ons mense dood. Mens hou behoorlik jou hart vas. Ons is so min en dit voel behoorlik dat ons besig is om uit te sterf.

HARTSEER MAA ONNODIG ·

Dit is met groot hartseer en medelye wat ek hier lees. MAAR..en moet asseblief nie verkeerd vertsaan nie. Volgens my mag geen fiets/voetganger/ryloop of sleeptou voertuie op ‘n snelweg wees nie. Dit is teen die Wet om per fiets of te voet op Snelweë te wees.
Soos een leser skryf. Dit is vir moeilikheid soek.
Weereens dit is hartseer ..sulke pragtige mense onnodig oorlede.

Johanna ·

Dis tragies. medelye met die families. en ek hoop die skuldige word vasgekeer!! Wie weet dalk nog moedswilliglik gedoen ook!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.