Twee witrenosters in Hoedspruit gestroop

Argieffoto (Foto: Nel Botha/Pixabay)

Waarskuwing: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die polisie in Hoedspruit in Limpopo het ʼn ondersoek van stapel gestuur ná twee witrenoster-karkasse Maandag met skietwonde in ʼn wildreservaat in die gebied gevind is. Die renosters se horings is verwyder.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die karkasse is gevind tydens verskerpte patrollies in verskeie dele van die reservaat ná skote Sondagaand gehoor is.

“Die stropers is in hierdie stadium nog onbekend. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Ngoepe gesê.

Die polisie se ondersoek duur voort. Enigiemand met inligting word versoek om speurder-ao. Johan Chomse te kontak by 063 316 9809 of kol. Alpheus Mokale by 082 565 6524.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cornelia ·

Dit is baie hartseer, een van die dae is daar geen renosters meer oor nie, hoekom verwyder hulle nie die renosterhorings onder verdowing nie, dan sal die satans kinders hulle nie pla nie, want hoekom wil jy ‘n renoster doodmaak wat jou niks in die sak sal bring nie , hopelik sal die Hoedspruit reservaat hulle verdoof en die horings verwyder.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Tog nie alweer nie! Kan die mense dan nie verstaan nie: renosterhoring kan nie kanker of VIGS genees nie.

Eend Bessinger ·

Alweer sulke tyd. Renosterhoring is nie kits-medisyne nie, nes jou vingernaels nie medisyne is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.