Twee word ondervra oor ANC-raadslid se moord

Victor Molosi (Foto: ANA)

Twee persone is Vrydag ondervra in verband met die moord op ʼn wyksraadslid van die ANC in Knysna, Victor Molosi (50).

Molosi is op 23 Julie 2018 naby sy huis in Concordia doodgeskiet. Hy was die raadslid vir wyk agt, wat Concordia en Joodse Kamp in Knysna insluit.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee persone is nog nie aangekla nie. “Hulle is Vrydagmiddag slegs ingeneem vir ondervraging. Sodra een of albei van hulle aangekla is, sal hulle na verwagting Vrydag in die Knysna-landdroshof verskyn, waarskynlik op aanklag van sameswering om moord te pleeg.”

Hy het gesê nog inhegtenisnemings word verwag soos wat die ondersoek ontvou.

Maroela Media het vroeër berig Molosi is omstreeks 22:00 aangeval ná ʼn beheerliggaamvergadering by Hoërskool Concordia. Hy is verskeie kere geskiet. Hy is in die kop gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy met aankoms dood verklaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lerato ·

Ek sien minister van polisie, Cele het opgedaag vir die begrafnis en belowe dat die moordenaars gejag sal word.

Doen asseblief ook waar boere vermoor word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.