Twee wou glo Nelspruit-sakeman laat vermoor

Elsie Burger. Foto: Verskaf / Die Valke

Elsie Burger (41) en Johan Henry Robert Jacobs (55), inwoners van Nelspruit, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle vroeër op aanklag van sameswering om moord te pleeg in hegtenis geneem is.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het aan Maroela Media gesê Burger en Jacobs het hulself Maandagoggend in die teenwoordigheid van hul prokureurs aan die polisie oorgegee, waarna hulle na die hof geneem is.

“Die inhegtenisnemings volg nadat die Valke in Februarie inligting ontvang het dat die twee glo saamgesweer het om Burger se man, ʼn gesiene sakeman, te vermoor,” het Sekgotodi gesê.

Volgens Sekgotodi het Jacobs na bewering ʼn man gehuur en betaal om Burger se man te vermoor. “Die man wou egter nie met die huurmoord voortgaan nie en het nie kans gesien om iemand te vermoor nie, en het die fluitjie op die beweerde komplot geblaas,” het Sekgotodi gesê.

Die Valke het die ondersoek gelei en ná genoegsame bewyse ingesamel is, is lasbriewe vir Burger en Jacobs se inhegtenisneming verkry.

Burger en Jacobs is albei op borgtog van R1 500 elk vrygelaat. Hulle moet weer op 2 Mei in die hof verskyn. Die Valke se ondersoek duur voort.

Johan Hendrik Robert Jacobs. Foto: Verskaf / Die Valke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vermeende

Jy kan dit nie doen nie dit is teen kriminele regte en is uiters rassisties, wees versigtig anders sal jy ook R500 000 boete opgele word.

Michael

kyk hoe gou wys hulle wit mense se gesigte maat die 6 wat uit pollsmoor ontsnap het mag nie gewys word en so bly hulle langer buite lekkr ne.

Susan

Ek was met ‘n man getroud wat my so fisies en emosioneel mishandel het, dat ek ook soms gewens het ek kon iemand bekostig wat hom net kan verwyder uit my lewe. Ek was heeltemal afhanklik van hom met twee gestremde kinders en dit het net gevoel of daar geen ander uitweg vir my is nie. Nadat my een gestremde dogter oorlede is, het ek eers die moed gehad om ‘n beskermingsbevel teen hom te kry en te skei. Ek sê nie hierdie is dieselfde situasie nie, maar ek kan verstaan dat sekere omstandighede ‘n vrou tot so iets kan… Lees meer »

Lion

Sterkte Piet, my ou vriend… Martin

LV

Ek vermoed hierdie vrou se omstandighede is anders,dalk n derde party aan haar kant betrokke?