Twee wou glo Nelspruit-sakeman laat vermoor

Elsie Burger. Foto: Verskaf / Die Valke

Elsie Burger (41) en Johan Henry Robert Jacobs (55), inwoners van Nelspruit, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle vroeër op aanklag van sameswering om moord te pleeg in hegtenis geneem is.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het aan Maroela Media gesê Burger en Jacobs het hulself Maandagoggend in die teenwoordigheid van hul prokureurs aan die polisie oorgegee, waarna hulle na die hof geneem is.

“Die inhegtenisnemings volg nadat die Valke in Februarie inligting ontvang het dat die twee glo saamgesweer het om Burger se man, ʼn gesiene sakeman, te vermoor,” het Sekgotodi gesê.

Volgens Sekgotodi het Jacobs na bewering ʼn man gehuur en betaal om Burger se man te vermoor. “Die man wou egter nie met die huurmoord voortgaan nie en het nie kans gesien om iemand te vermoor nie, en het die fluitjie op die beweerde komplot geblaas,” het Sekgotodi gesê.

Die Valke het die ondersoek gelei en ná genoegsame bewyse ingesamel is, is lasbriewe vir Burger en Jacobs se inhegtenisneming verkry.

Burger en Jacobs is albei op borgtog van R1 500 elk vrygelaat. Hulle moet weer op 2 Mei in die hof verskyn. Die Valke se ondersoek duur voort.

Johan Hendrik Robert Jacobs. Foto: Verskaf / Die Valke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Vermeende ·

Jy kan dit nie doen nie dit is teen kriminele regte en is uiters rassisties, wees versigtig anders sal jy ook R500 000 boete opgele word.

Michael ·

kyk hoe gou wys hulle wit mense se gesigte maat die 6 wat uit pollsmoor ontsnap het mag nie gewys word en so bly hulle langer buite lekkr ne.

tas ·

Lol doen jou uitwerk hulle gesigte is die hele media vol versprei en 3van hulle is reeds aan gekeur en terug in polsmoord.En omdat die twee moord. Beplan het mag hulle gesiggte nie gewys word nie omdat hulle wit is ?

OJ ·

Dit gaan nie oor velkleur nie. Se my: is dit Mooi nooi mense se gesigte al gewys? Nee. Want hulle moet eers pleit. Doen bietjie huiswerk voordat jy dit in n rassekwessie onnodig verander

Susan ·

Ek was met ‘n man getroud wat my so fisies en emosioneel mishandel het, dat ek ook soms gewens het ek kon iemand bekostig wat hom net kan verwyder uit my lewe. Ek was heeltemal afhanklik van hom met twee gestremde kinders en dit het net gevoel of daar geen ander uitweg vir my is nie. Nadat my een gestremde dogter oorlede is, het ek eers die moed gehad om ‘n beskermingsbevel teen hom te kry en te skei. Ek sê nie hierdie is dieselfde situasie nie, maar ek kan verstaan dat sekere omstandighede ‘n vrou tot so iets kan dryf.

Helena ·

Ek kan jou situasie verstaan Susan, daar is baie persone (mans en vroue) wat in soortgelyke situasies is, waar jy daagliks emosioneel vermoor word. Ten minste het jy nie met dit voortgegaan nie. Vir diegene wat jou oordeel, ek wonder wat hulle sou gedoen het as hulle in jou situasie was.

LV ·

Ek vermoed hierdie vrou se omstandighede is anders,dalk n derde party aan haar kant betrokke?

Yankee ·

Susan, GEEN omstandighede mag enige mens tot moord dryf nie!!! Jou sienswyse is regtig skokkend.

Anoniem ·

Yankee, ek sê nie dis reg om iemand anders dood te maak nie, maar ek het begrip vir Susan se situasie. Vrouens in soorgelyke situasies het nie jou oordeel nodig nie, maar jou hulp om uit die situasie te ontsnap.

Gesiggie ·

Om jou wraak op so n manier uit te haal, gaan nie jou lewe beter maak, jy gaan nie vry wees, maar in die tronk moet sit…. en waste lewe sal dit wees, kry dan eerder n hof bevel teen die man as hy die lewe vir jou moeilik maak, maar om hom te wil vermoor?? nee wat daar is ander maniere… gelukkig vir die man wat besluit het om dit nie te doen… geld is nie als in die lewe, n mens se geluk en Vryheid tel meer…

christa ·

Hoekom mense nie skei en klaar kry nie, en aangaan met hulle lewe weet ek nie. Hulle wil nie die ander he nie maar sy geld wel

Sanette ·

Ja nee,,,skei eerder! Maar het seker net dollar signs gesien! Sies!

Annelize ·

Die mensdom het mal geword, ongeag velkleur, kulturele agtergrond, politieke en geloofsoortuigings. In my oe, is almal ewe mal.

kas ·

In sommigge gevalle mag name nie bekend gemaak word nie aangesien hulle nog nie gepleit het nie wat maak hierdie twee anders.Die man is ‘n gesiene sakeman en daarom glo ek geld is nie vir die vrou rede om haar man te laat vermoor nie.Wat soek die derde party in die saak Was daar iets tussen die man en vrou en haar man is in die pad.Is daar dalk iemand wat die omstandighede beter ken?

Nico K ·

Kas, net ter verduideliking. Blykbaar mag name nie onmiddellik genoem word as verkragting ter sprake is nie. Nie dat ek weet wat maak dit nou eintlik verskil nie. As hy klaar gepleit het mag sy naam genoem word??

Jeantre ·

Die is klomp snert wat nie waar is nie. Daar is n slang in die gras. Daar is 2kante na n storie.

Retha Homann ·

Ek was ook in Susan se situasie en het ook baie moord oorweeg. Het selfs gif in sy kos gegooi. Moet haar nie judge nie, jou ribbes was nog nie flenters geskop en jy moes elke dag met blou oe rondloop en almal kyk vir jou en skinder daaroor nie. Dit breek jou sielkundig so af dat jy later nie meer omgee nie, en nie meer helder kan dink nie.

Tammy ·

Weet iemand dalk hoekom hulle die sakeman wou vermoor? Hy het tog sekerlik n posetiewe bydrae tot die lewe gegee. Waarom? Ek hou die spasie dop

Die Regter ·

Daar was ‘n slang in die gras.
Die is nou ge-arresteer.

Blom ·

Stem saam met Jeantre. Elke saak het 2 kante.
PS: Haar naam is Elske, nie Elsie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.