Tweede aanval op plaas; aanvaller doodgeskiet

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn 64-jarige vrou is Dinsdagaand vir ʼn tweede keer op ʼn plaas in Kalkfontein in Groblersdal aangeval nadat die aanvallers glo inligting oor die plaas gekry het by die aanvallers wat dieselfde vrou in 2012 wreed aangeval het.

Kobus Liebenberg, Wilma Liebenberg se man, het aan Maroela Media vertel sy vrou was alleen in die plaashuis ten tyde van die voorval aangesien hy in die week in die dorp werk.

Volgens hom het sy omstreeks 23:30 gelê en slaap toe die foksterriër-honde wat by haar in die kamer slaap, histeries begin blaf het. “Hulle het sommer bo-op haar gespring en erg gegrom.

“Sy het opgestaan en gesien die ganglig op die boonste verdieping brand. Sy het die rewolwer gevat en twee skote by die kamervenster uitgeskiet. Toe sien sy hoe gaan die ganglig af en hoor hoe een by die trappe afgestap kom. Hulle het toe aan die kamerdeur begin ruk en sy het deur die deur geskiet,” het Liebenberg gesê.

Volgens hom is daar ʼn drie meter hoë muur om die huis en het die aanvallers hul gewonde makker uit die huis gesleep en oor die muur gehelp. “Hulle het hom so 15 m verder gesleep en hom daar gelos.” Daar word vermoed dat daar vier aanvallers was.

Hy vertel dat daar nie sein op die plaas is nie en dat ʼn mens sowat 100 m moet stap om iemand in die hande te kry. Wilma het glo eers die volgende oggend toe dit lig geword en werkers by die plaas opgedaag het uit die huis gegaan en alarm is van daar af gemaak.

Kobus verduidelik toe die polisie se honde-eenheid Woensdagmiddag omstreeks 12:00 by die toneel opdaag, het hulle die aanvaller lewend in die veld aangetref. Hy is in die bors gewond, net onder die skouer.

“Ek het self vir hom gevra wat soek hy hier en hy het vir my en die polisie gesê hy het inligting oor die huis en die kluis by die vorige aanvallers gekry.”

Die aanvaller is later op die plaas oorlede.

Volgens Kobus is die man en sy broer wat sy vrou in 2012 aangeval het nooit in hegtenis geneem nie. Hulle het glo tot ses maande ná die aanval nog die egpaar gebel en laat hoor hulle gaan terugkom om hulle dood te maak.

“Ons het elke keer die polisie, op hul aandrang, gebel en in kennis gestel en daar het net niks van gekom nie. Daardie aanval het my vrou suikersiekte gegee, en sy ontvang nou nog kankerbehandeling, sy is sieklik. Hulle wou destyds haar bene met ʼn kettingsaag afsny en haar brand met die strykyster – die muurprop het toe nie gewerk nie. Sy is baie getraumatiseerd en ek is verbitterd. ”

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot huisroof. ʼn Klag van moord word ook ondersoek.

Die oorledene is in die stadium nog nie bekend aan die polisie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Andile ·

“n Klug van moord” sou n beter woordkeuse wees. Wilma, jy is n brawe heldin en ek eer jou.

Anton ·

Kry “cli” caller line identification op jou telefoon lyn. Vandaar kan die nommer op Maroela geplaas word sodat ons almal dit kan soek en bel. Sal ook heel maklik wees om uit te vind wie se nommer dit is al is dit n publieke telefoon. Dan weet mens van watter area hulle bel….

Agnee ·

Saak van moord? Mag mens jou nie in jou eie huis verdedig nie?

Theresa B ·

So bly sy is ok. Dankie aan die woefies. Ja nee – plaasaanvalle was nog nooit die polisie se prioriteit nie. Korrupsie, selfveryking en posisies wat beklee moet word, verg al hul tyd.

ek wonder ·

Sal nie verbaas wees as Wilma aangekla gaan word vir poging tot moord nie. Dis mos hoe dit werk deesdae. Net dankbaar sy’t kopgehou en kon haarself verdedig.

Casper Labuschagne ·

Hierdie is maar een van ‘n vlaag onlangse soortgelyke berigte. Misdaad alleen kan nie meer ‘n verklaring hiervoor wees nie, maar rassehaat teen ons minderheidsgroep kan dalk die intensiteit, brutaliteit en geweldige toename van sulke aanvalle verklaar. Dit voorspel reuse probleme vorentoe.

Jordaan ·

Interessant dat die aanvaller se maatjies hom net daar gelos het!!

Christo ·

Dit laat my dink aan Pirates of the Caribbean. Pirate’s code: “Who falls behind, is left behind.”

Albaster ·

Ons MOET onsself verdedig en gereed wees, dis ons internasionale mensereg.

PJC ·

Baie brawe en slim vrou hierdie. Hoop iemand help haar om ń ordentlike alarmstelsel te bekom sodat sy wakker is voordat hulle in die huis is. Dit lyk ook asof sy ń groter kaliber vuurwapen kort. Hopelik sal die kwaaddoeners nou haar plek vermy.

Maggie ·

Seker om maar weer later n verskoning te he om di dorp af te brand omdat di “lyk” verdwyn het

Dink Self ·

Beste Mellie,

As jy bereid is om Mnr. Liebenberg ‘n salaris te betaal sodat hy sy vrou kan oppas is jy welkom. Indien nie, raak stil.

Groete

jennefer ·

Weet jul hoeveel blanke vroue moet alleen regkom terwyl hul mans in die buiteland moet gaan werk??BEE het n groter uitwerking as plaasaanvalle.
Boervrou alleen

Dink Self ·

Waarom word hierdie artikels nie in Engels vertaal sodat dit internationaal gedeel kan word nie?

Sann ·

Janee, hier’s nou ‘n slagoffer wat vir Katie Hopkins presies sal kan vertel waaroor #plaasmoorde gaan.

Cherokee ·

By herhaling het ek in hierdie forums gesê dat daar geen beter wag is as klein keffertjies in die huis, nie. Leer dit nou by Wilma. En aan diegene wat jul vuurwapens ingehandig het, laat dit skoolgeld wees en gaan koop weer skietgoed.

Esme ·

‘n Klag van MOORD?? Moes sy hulle maar laat inkom het sodat hulle kon klaar maak wat hulle nie kon regkry in 2012 nie???

Jay ·

Sal nie verbaas wees as sy ook tronk toe gaan vir ‘n klag van moord nie. Julle weet mos julle kan nie deur ‘n toe deur skiet nie al dink julle daar is iemand agter hom….. kug kug Oscar….. ek sê maat net.

Erick ·

Jay, bly liewers stil. Jy weet nie waarvan jy praat nie. Hierdie geval is iets heeltemal anders. Hierdie keer WAS daar aanvallers. Hulle het aan die KAMERDEUR GERUK voor sy geskiet het. Ek was al in presies dieselfde posisie. Ek was gereed met my wapen voor die geslote kamerdeur. Gelukkig vir hulle het hulle nie aan die kamerdeur geruk nie. In daardie geval sou EK OOK op hulle geskiet het. My vrou was saam met my in die kamer.

Ada ·

Daar is dalk kinders wat skoolgaan of studeer en dit kos baie geld. Moet nie haar man kwalik neem nie want hy is die broodwinner.

In a van Rensburg ·

1:
Hoekom kan vroue nie alleen boer nie.
2:
Sy kon ń weduwee gewees het.
3:
Was hulle op uitnodiging daar?
4:
As ń mede boervrou:
Ons SAL ons nie deur vrees laat intimideer nie. NOOIT nie.
5:
Saam met vroue soos sy,SAL ons ook hiedie”Drakensberg’ aanpak. IN GELOOF
SAL ONS OORWIN.

van der Merwe ·

Ina van Rensburg, ek salueer jou en elke boervrou. Hierdie situasie laat my baie broos voel – my sussie is ook met ‘n boer getroud.

Julle mense is die sout van die aarde. :)

Kobie ·

Vind dit ook vreemd dat die vrou alleen op die plaas is; glad nie gesond nie en sonder enige moderne kommunikasie in geval van nood. Dit is so dat mens nie hul omstandighede ken nie, maar mense as die man dan op die dorp moet werk, dan moet sy maar saam in die week. Wat is meer belangrik, die dubbelverdiepinghuis en die plaas, of jou vrou se lewe? Dis nie ‘n kwessie van veroordeel nie, eerder net nodig dat hulle weer dink oor hul huidige plan vir die gesin, dis dalk nie so logies en veilig vir alle partye nie, veral in die lig daarvan dat hulle meegedeel is dat die rowers sal terugkeer nie.

Erick ·

Kobie, jy praat ook ‘n klomp nonsens. Jy weet nie wat hulle omstandighede werklik was nie. Het JY al ‘n plaas gehad waar jy jou inkomste moet aanvul en jou vrou moes die boerdery behartig? Ek glo nie. Blyk my jy probeer die aanval goedpraat.

Frikkie Geld en huis ·

Ek het die gevoel dat die oorlede rower die vorige keer ook deel was van die groep inbrekers. Dis hoe hy weet waar die kluis is.

PJC ·

Ja Zeus ek stem saam sy kon haarself verdedig omdat sy bewapen was maar dit is juis hoekom die ANC so hard probeer om ons te ontwapen want heimlik steun hulle die aanvalle. Hulle wil hê ons moet weerloos wees soos die mense van Rwanda destyds voor die volksmoord daar. Ek is absoluut oortuig dat die blankes se wapens ń doring in die vlees vir hierdie regering is.

Cornelia ·

Met innigste medelye en weersin dat mens élke man, vrou en gesin se skokkende wedervaring beleef en meemaak in hulle pyn, skending en verliese. As die aanklag teen jou lewe bloot “afguns en ‘n koelbloedige plunder tydverdryf” geword het, met beskikbare wapens in oorvloed in verkeerde hande…! Maar saam met Ina van Rensburg en andere glo ek dat ons verseker sal aanskou dat die Here Sy Goedheid en Guns van ons nie sal weerhou nie. Ja, ons Hoop is in God. Volhard in gebed en glo.

VanAfrika ·

Sy gaan skuldig gevind word en sy gaan tronk toe gaan soos Oscar Pistorius want sy het deur n toe deur geskiet. Sy kan bly wees Gerrie Nel is nie meer in die staat se diens aanklaer nie.

Tiger ·

Ek wil graag weet waarom sy nie ‘n radio in haar kamer het om die plaaswag mee te kontak nie.My man laat my ook aleen as hy moet ry vir besigheid maar ons is per radio in verbinding EN my bure is net ‘n roep op die radio ver.

Emsa ·

Beste Mellie moenie oordeel as jy nie Mnr Liebenberg se omstandighede ken nie. Of hy nou daar is of nie dink jy dit sou enige verskil gemaak het nee ek dink nie so nie. Sy vrou is ook siek en by moet seker ook werk om als aan die gang te hou. Die woord se ons is gevrywaar van niks nie. So asb dink voor jy praat

Robert ·

Soos al telkemalle gese is, SAPD stel nie belang om Blankes te beskerm nie. Daar is ook reeds verskeie kere gese dat die polisie betrokke is by plaasaanvalle.

Jan Cronje ·

My boek APARTHEID: The Blame Past and Present is pas gepubliseer, 15 Januarie2018.
Ek skryf uitvoerig oor ‘HATECRIMES’. Login op my website http://www,apartheidandme.com
Ek be-oog ‘n bemarkingstoer in Suid Afrika.
KAN ENIGEEN VIR MY INLIGTING GEE OOR ‘N BEMARKINGSFIRMA WAT KAN HELP.

Plaaskind ·

Sy het eers 2 waarskuwingskote geskiet. Dus aanvallers is gewaarsku. Plus sy was voorheen aangeval!! Steeds kom hul om haar aan te val NA waarskuwingskote. As die Regter dit nie so insien,moet ons saamstaan en klub vir n goeie advokaat vir die ystervrou!! En saamtrek met trekkers en groot lorries en voertuie by die Hof waar sulke gevalle aangehoor word…. en waar die skuim wat plase aanval, uitgelaat word op borg… my bloed kook… en my hart is seer oor elke berig wat ek lees… maar eks so dankbaar die Vader se hand was oor die vrou en het haar beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.