Tweede boer vandag doodgeskiet

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Nog ʼn boer is Dinsdag op ʼn plaas net buite Fochville in Gauteng doodgeskiet.

Willie Barnard is na ʼn hospitaal gehaas nadat hy geskiet is, maar het op pad daarheen aan sy wonde beswyk.

Maroela Media verneem twee mans het omstreeks 12:30 op die plaas vir werk kom vra, waarna Barnard hulle weggewys het. Die mans het glo later teruggekeer waarna ʼn rusie ontstaan en Barnard geskiet is.

Leander Venter van ER24 het aan Maroela Media gesê een van die boere in die distrik het met Barnard in sy bakkie na ʼn hospitaal gejaag. “ER24 van Vanderbijlpark het hulle langs die pad gekry, maar die gewonde man het reeds aan sy wonde beswyk,” het Venter gesê.

Tinus van Zyl, hoof van CPI-sekuriteit wat na die toneel ontbied is, het aan Maroela Media gesê hulle is deur bure na die plaas ontbied.

“Ons mense is op die toneel [en] daar is reeds twee verdagtes vas – ons honde-eenheid soek na nog moontlike verdagtes,” het Van Zyl gesê. Volgens hom is daar talle omstanders wat help op die toneel.

Volgens kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, het die voorval gebeur toe die twee aanvallers glo vir plaaswerkers vir water gevra en die werkers hulle na die huis geneem het om vir hulle water te kry. “[Die aanvallers] het toe net losgebrand. ʼn 63-jarige boer is doodgeskiet,” het Dlamini gesê.

Hy het bevestig dat twee verdagtes reeds vasgetrek is, maar gesê daar is nog geen vuurwapen opgespoor nie

Volgens Ian Cameron, hoof van AfriForum gemeenskapsveiligheid, was daar in die afgelope 48 uur ses plaasaanvalle waartydens drie mense gesterf het. Maroela Media het vroeër berig Barry Baars se liggaam is vanoggend op ʼn plaas tussen Ficksburg en Rosendal in die Vrystaat aangetref nadat hy doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Piet ·

Ek wonder if daar enige iemand is wat al navorsing gedoen het om vas te stel hoe lank plaas aanvallers in die tronk sit en of hulle ook ‘n HOP huis en bees kry… saam met hul vroeë vrylating?

Bossie ·

Mense ek probeer nie kwaad stook of iets nie maar hierdie is ń stille oorlog teen ons as boere. Die vraag is wanneer gaan ons dit besef om te wag dat die regering ietsie doen gaan nie help nie want dit geniet nie gebeur nie

Andrea ·

Bossie, ek dink ons almal, wat hier lees en skryf in elk geval, besef dit. Die probleem is wat om daaraan te doen.

LMF ·

Ek wou nie artikel oopmaak nie want ek het nie meer trane oor nie dit is stukkende werklikhede wat ons gaan laat knak en en en?????? Al my simpatie en sterkte aan families en vriende

Moedeloos ·

Nou gaan hulle seker se die Boer was rasisties met hulle, of het hulle die “k” woord genoem en die media sal se dis die Boer skuld…

Hansie ·

Dit is baie duidelik dat die regering agter die plaas aanvalle sit.

Jolene ·

Ek stem 100% saam. Hulle sit agter als, veral julius. Waar kry hul anders die gewere?

Hansie ·

mens kan duidelik sien die regering is agter die plaas aanvalle.

Kwaai honde ·

Alle boere moet nou kwaai honde kry, baie honde, en kwaai honde.

Jakalas ·

Ek dink hulle is besig om vir ons ‘n antwoord te gee oor wat hulle dink van Maandag se op tog. Maak gereed, want hier kom ‘n ding.

Oog vir oog en tand vir tand ·

Na gister se protesaksie, wat menige laat skrik het, behoort ons te weet dat die boere en hul ondersteuners wel kan saamstaan. Die tyd om die regering te smeek om die boere te beskerm, is verby. Die tyd het aangebreek dat ons die inisiatief neem en die wapen teen hierdie moordenaars opneem. Sekuriteitsmaatskappye moet nou werklose jong Afrikaner mans, wat bereid is om teen lae besoldiging te werk, in diens neem om hierdie aanslag af te weer. Van ons ou weermaglede kan help met opleiding. Ons kan nie net sit en wag vir ons tyd om aan te breek nie. Ek doen hiermee ‘n beroep op alle sekuriteitsdienste, wat in boerderyomgewings werk, om saam te werk en ‘n indiensnemingsveldtog te loods met die uitsluitlike doel om boere te beskerm. Die lafaards sal nie maklik hul bose dade uitvoer as hul weet dat gewapende wagte die boere beskerm nie.

Leonora ·

Ek stem saam met jou voorstel. Daar is soveel ou weermaglede wat sal smag om weer in aksie te wees, baie wat werkloos is en wat die geleentheid met ope hande sal aanvaar. Maar om tog verby die wettigheid om te kan skiet om dood te skiet is weer n ander storie.

Kat ·

Hier kom groot bollie wees asb gereeld my meer Afrikaners.Dit is waaroor Siener gepraat het.

Andrea ·

Nou gaan dit eskaleer na gister se optrede. Het gistraand gehoor dis wat beplan word in weerwraak op die protesaksie.

Tiger ·

Ons bly op ‘n plaas en hulle moet maar kom.Ek en my man wag lankal hiervoor!Ons sal nie huiwer om eerste te skiet nie en sal geen ammunisie op waarskuwings skote mors nie.Patrone is te duur daarvoor.YaHWeH is met ons!

Chrisjan ·

Ons bly op ‘n plaas maar is gereed vir aanvallers.Beide ek en my vrou is 24/7 gewapen.Ons het honde buite en een wat in die huis slaap so ons sal nie ontkant gevang word nie!Hulle kan maar kom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.