Tweede damwal het nié gebreek by Thaba Monate

thaba monateDie Thaba Monate-vakansieoord in Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo het Vrydag ontken dat ʼn tweede dam by die oord gebreek het.

“Ongeveer 115 mm reën het binne twee ure neergestort en die natuurlike spruite en fonteine borrel steeds water, aangesien die grond nog versadig is,” het ʼn woordvoerder van die oord in ʼn verklaring gesê.

Volgens die verklaring is gerugte dat ʼn tweede dam by die oord gebreek het, onwaar.

“Meer as 235 mm reën is al die afgelope week gemeet en die water borrel Vrydagoggend steeds uit die grond en rotse.”

Thaba Monate het Vrydag telefonies aan Maroela Media bevestig dat een van die kleiner damme wel vroeër gebreek het. Die oord het self nie vloedskade nie, buiten paaie wat verspoel het. Daar is reeds met herstelwerk begin aan paaie in die gebied.

Lees ook:
Noodfonds vir Limpopo-vloedslagoffers
Foto’s en video: BelaBela (Warmbad) onder water
Vloede: 70 met helikopter gered
Video: Limpopo-pad gesluit
Tweede vloed tref Klein-Kariba-oord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.