Tweede gevangene sterf ná brand in Barberton-tronk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweede gevangene is dood ná ʼn brand by ʼn jeuggevangenis in Barberton in Mpumalanga, het die departement van korrektiewe dienste gesê.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement, het gesê die 21-jarige gevangene het derdegraadse brandwonde opgedoen in Saterdagaand se brand. Hy is na die Barberton-hospitaal geneem voor hy na die Rob Ferreira-hospitaal oorgeplaas is. Hy is Maandagmiddag oorlede.

Volgens Wolela is die 21-jarige vroeër aan diefstal skuldig bevind en sou hy in Februarie 2015 vir parool in aanmerking gekom het.

Wolela het gesê 19 gevangenes het omstreeks 19:00 Saterdagaand die matrasse en linne in hul sel aan die brand gesteek. Zweli Zondo, een van die gevangenes, is op die toneel dood verklaar. Zondo, ʼn veroordeelde verkragter, sou in Januarie 2015 vir parool in aanmerking gekom het.

Volgens Wolela is die 17 ander gevangenes ook in die Barberton-hospitaal opgeneem ná die brand. Een van die gevangenes is Saterdag reeds ontslaan terwyl 11 Sondagmiddag ontslaan is. Vyf van die gevangenes is steeds in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.