Tweede golf is hier, sê Mkhize

Dr Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Woensdag tydens ʼn perskonferensie gesê die land beleef tans die tweede golf van Covid-19-gevalle. Meer as 6 000 nuwe gevalle is aangemeld.

“Meeste van die groot aktiwiteite wat groot skares lok moet ondersoek word,” het hy gesê. “Dit is iets wat ons môre in die parlement sal bespreek. Ons moet ook enige superverspreider-geleenthede verhoed.”

Volgens hom was die toename in gevalle tot verlede week hoofsaaklik tot sekere distrikte in die Oos-Kaap en Wes-Kaap beperk. “Ons sien egter nou getalle wat aandui dat ons ʼn tweede golf beleef. Vier provinsies word veral hierdeur geraak, naamlik die Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng.”

Die ouderdomsverspreiding toon ook ʼn ander patroon as die norm. “Die ouderdomsgroep 15 – 19 jaar toon die afgelope twee dae die hoogste getal nuwe gevalle. Dit is waarskynlik weens talle partytjies waar jongmense alkohol gebruik en nie aan Covid-19-regulasies voldoen nie. Dit lei tot superverspreider-byeenkomste en spoel oor na die res van die land, omdat dié ouderdomsgroep baie mobiel is en die meerderheid asimptomaties is.”

Mkhize het gewaarsku indien dié trajek voortduur, sal die gesondheidsorgstelsel oorweldig word.

“Ons kyk na die getal toetse wat gedoen is, positiewe gevalle, persone wat opgeneem word en die getal sterftes. Ons moet verstaan dat ons ʼn verantwoordelikheid het om die feesgety met selfbeheersing te geniet.”

Mkhize het gesê sy departement se verslae is nou gereed vir die kabinet ná hul provinsiale besoeke. “Ons moet die planne en voorstelle van die provinsies aan die nasionale beheerraad voorlê vir hersiening. Daar moet egter ʼn manier wees om meer verantwoordelike gedrag aan te moedig. Ons moet steeds gesigmaskers dra, sosiaal distansieer, ons hande was en gereeld ontsmet.”

Mkhize het bevestig 6 709 nuwe gevalle is aangemeld met altesaam 828 598 Covid-19 gevalle tot dusver.

Altesaam 5 690 263 toetse is reeds gedoen waarvan 38 200 toetse sedert die vorige verslag gedoen is.

Nog 135 sterftes is aangemeld (56 in die Oos-Kaap, 15 in die Vrystaat, 16 in Gauteng, 7 in KwaZulu-Natal en 48 in die Wes-Kaap). Dit bring die dodetal op 22 574 te staan.

Minstens 754 658 persone het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap14064717.0
Vrystaat595017.2
Gauteng24026129.0
KwaZulu-Natal13418416.2
Limpopo189402.3
Mpumalanga319063.9
Noordwes352234.3
Noord-Kaap235172.8
Wes-Kaap14441917.4
Totaal828598100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap5116126012
Vrystaat203053068
Gauteng5069229789
KwaZulu-Natal3413119616
Limpopo51217976
Mpumalanga61730820
Noordwes56633882
Noord-Kaap33321017
Wes-Kaap4918122478
Totaal22574754658

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Fred ·

Hierdie statistieke kan misleidend wees.
Konsentreer liewer op die aktiewe gevalle nie die totaal vir 9 maande nie.

Nick ·

Presies, kyk na die aktiewe gevalle. Gauteng = 10 472, WC = 21 941 aktief.

Oom Kaspaas ·

Moet nog die sterftes daar aftrek. Gauteng = 5400, WC = 17023 aktief

Deon ·

Die ernstige faktor is, wat gebeur met die sterfte syfer, skiet die sterfte syfer op? Waarom is strenger lockdown nodig? Was lockdown nie om hospitale tyd te gee vir voorbereiding nie?

annie ·

Dit wil voorkom of baie Covid-virusdraers sonder simptome tussen ons beweeg wat hiper-aktief is. Die laboratoriums is dermate werksaam om 6 000+uitslae in 24 uur te kan lewer. En hulle gaan in die feestyd flukser word met meer positiewe gevalle totdat ons almal weer tuis sit om die WGO-grafiek te vorm en ons agtergeblewe bakhand vol te laai? Dit is somer en ’21 se winter kom nog… vir fase-?

Anel ·

Hy praat van 2de vlaag. Ons het nog nie eens ‘n eerste vlaag gehad nie. Verder kry hulle al die uitslae op een slag. So, dit sê vir my hulle daaglikse statistieke is verkeer en hulle plan is nog steeds om mense paranois te hou. Wat die die vlaag moorde? Daar word meer mense op’ n dag vermoor en verkrag as wat die virus doen. Maar lyk my dit is niks nie. Verder hou hulle aan om ons met die noordelik halfrond te probeer vergelyk. Dis winter daar. Hier is dit somer. Ons moet nou ons uminiteit opbou vir die winter. Ons somer is langer as hulle sin, si ons het meer tyd. Gebruik dit wyslik. Ons is ‘n unieke land. Ons kon nog nooit vergelyk met wat in ander lande gebeur nie. So laat ons nou asseblief normaal aangaan met ons lewens. Laat die wat maskers wil dra, laat hulle dit doen. Ek het nou genoeg gehad.

christo ·

Hierdie opmerkings is totaal selfsugtig en maak nie sin nie. Indien die leser dan nie wil saamwerk om die Covid-19 verspreiding moet hy maar so doen. Indien een van sy familielede daaraan sterf, sal hy besef dat dit verhoed kon gewees het. Vergelyk appels met appels, enige iemand wat statistieke verstaan sal vir u sê dis absurd. Covid-19 statistieke met misdaad statistieke vergelyk maak nie sin nie .

Johan ·

Christo: Jy moet bietjie uit jou huis kom en sien hoe allmal verarm agv jou regulasies. Dink jy hongersnood is nie werklik nie….die keuse is tussen beskerm n paar kwesbare mense of laat miljoene van die honger sterf agv die onsekerheid wat jou drakoniese regulasies skep. Staak die waansin, ons is gerat vir die planeet.

Francois Le Cochon ·

Die eerste vlaag was so April tot Augustus. Waar was jy gewees?

Johan ·

Genoeg is genoeg! Hoeveel mense gaan gewoonlik aan verkoue dood..ek wet julle dit is meer. Dis net verkoue en is nie dodelik vir meeste mense nie (net soos gewone griep). Laat die wat kwesbaar is voorsorg tref (soos met gewone griep) en los die res om natuurlik umien te word. Los ASB nou die paranoia, dit help niemand. Die besigheids onsekerheid wat geskep word met die regulasies laat miljoene mense honger en kwesbaar. Staak alle regulasies dus onmiddelik!

Jaco ·

Ek wens die DA in die Wes-Kaap wil ophou met hulle alewige toets toets toets. Is die DA blind? Hulle gedurige getoets stoot die syfers net onnodig op en speel reg in die ANC se eintlike planne: sit die Wes-Kaap op harde lockdown en onderdruk só die DA en die wit mense in die Wes-Kaap.
Maar nouja, wat help dit om te kla, want selfs met ‘n harde lockdown in die Wes-Kaap sal DA parlementslede, DA lede van die provinsiale wetgewer en DA munisipale raadslede steeds hulle volle salaris en vet petroltoelae en vet onthaaltoelae kry. Hulle weet niks van gewone mense se swaarkry elke dag nie.

christo ·

Die Wes-Kaap is die enigste provinsie wat werklike statistieke verskaf. Deur te toets is die enigste manier om te bepaal wie Covid-19 positief of nie. Na my mening is die statistieke meer akkuraat as ander provinsies want hulle toets. Die waarheid is die waarheid. Integriteit is nie onderhandelbaar nie.
Tweedens, as ALMAL die basiese reëls van maskers dra, hande en werksoppervlaktes saboteer en sosiale afstand toegepas het was die tweede vlaag nie so ernstig nie. My waarneming is dat mense in groepe saamdrom en hulle gladnie steur aan Minister Mkhize se herhaalde oproepe om die by die Covid-19 reëls te bly nie.
Die einste mense wat soos u beskryf ‘bakhand staan’ is ook deel van die Covid-19 probleem.
Die ‘ bottom line ‘ is dat SA ‘n land is waar burgerlike ongehoorsaamheid aan die orde van die dag is.
Laastens indien u woonagtig is in die Wes-Kaap is, en ongelukkig is, is jy welkom om te verhuis na enige deel van die land of wêreld.

JohanR ·

Stem saam Jaco. Miskien moet alle DA’s hulle vet salarisse opse vir die tydperk van Covid-10, en leef en voel soos soe baie duisende ander in SA hoe dit is om te leef en nie te weet hoe jy vir dinge gaan betaal nie, en in jou lewensbesparing moet ingaan. Talk is cheap if your salary promptly drop into your bank account every end of month!

Alet ·

Ek glo dit nogal. As mens luister na die ouderdomme wat ewe skeilik op die lys is. ‘n Groot spul tieners wat nou klaar is met skool wat wil partytjie hou en nie gehoor gee aan regulasies nie. Voor die eksamen was hulle in hulle huise besig om the probeer byhou met die skoolwerk.

Chris ·

My wereld wat vertel hulle ons nou. Regtig, Dink die mense ons is dom. Ek weet nie waarop hulle die statistieke baseer nie. Indien jy in die dae tot sterwe kom, is dit voor die oet Covid. Ek glo niks wat die regime aan ons vir soetkoek wil verkoop nie.

Francois Le Cochon ·

Die metodiek van die Covid statistieke is bepaal deur die Universiteit van Kaapstad. Dit is nie net bloot optel en aftrek nie, dit is baie meer ingewikkeld. As jy dit nie verstaan nie, of nie glo, is dit nie te se^ dit is verkeerd nie. Ek merk dat baie MM lesers kommentaar lewer gegrond op “ek hoor”, “ek dink” en “hulle se^”. Kommentaar en argumente moet gestaaf kan word deur feite, en die bronne moet betroubaar wees. As een of ander pastoor sekere goed kwytraak oor covid of oor vaksines, kan dit tog nie feitlik korrek wees nie, tog glo baie dit.

Johan ·

Okay…n vriend van my het selfmoord gepleeg twee weke gelede…raai wat staan op die doodsertifikaat Frans…Covid. Dis tegnies reg, want jou regulasies het n depressie so vererger dat hy gegly het. So jy wen seker daai een vir jou statistiek.

Charles ·

Hierdie pandemie is al jare terug beplan, dit gaan oor beheer en inkort van regte.

Jan ·

Fanatiese toetse lei na ‘n toetsdemie, gevalledemie, alles deel van die plandemie.

Renier johannes ·

Hoekom toets hulle nie ons speeksel nie dis dan dit wat covid versprei maak nie sin nie en hulle toetse werk vinnig.

Jakes ·

Ek glo nie n woord van hierdie sogenaamde tweede vlaag nie. Dienslewering by staatshospitale was nog voor Covid absoluut pateties en daarom is dit nou nog erger met Covid. Kan die minsiter ons asb ook inlig hoeveel mense daagliks sterf aan TB, Vigs, kanker, longontsteking en ander siektes? Ook onderwatter groepering kom die meeste infeksies en sterftes voor?

Francois Le Cochon ·

Die inligting wat jy van die minister vra is vrylik beskikbaar. As jy nie weet waar om dit te kry nie, beteken dit nie dat dit nie bestaan nie. ‘n Mens hoef nie Amerika toe te gaan om te sien of Amerika wel bestaan.

Eric ·

Die engelse term van toepassing hier is “smoke and mirrors”. Waar kom die vermoe nou skielik vandaan om duisende akurate toetse onmiddelik te doen. Nee wat kry almal weer onder ” lockdown” dan lyk misdaadsyfers goed vir Desember. Wat van die miljoene mense wat ekonomies geruineer word?

Meisie ·

Ag hulle wil ons net spite, wil he almal moet droebek by die huis sit. Al wat die regering wil he as hulle se spring moet ons almal vra hoe hoog.

Pappa Beer ·

Hierdie regering het meer duimsuigers as n kleuterskool! Hierdie syfers is n klomp twak man.

Samuel ·

Die Wes-Kaapse regering doen goed met hulle toetsing en ek glo ons is op die regte pad. Ten minste is hulle eerlik. MAAR, sosiale distansieëring?? Aikôna. Dit bestaan nie.

Dirk Mostert ·

Dis duidelik dat daar nou kitstoetse gedoen word, waar resultate ‘n dag later beskikbaar is. By die krieketspanne was daar laasweek 3 positiewes Donderdag en ‘n dag later geen. Die drie het merkwaardig vinnig herstel.
Buig of bars ‘n Tweede Golf SAL ons kry. Dr. Mkhize oorweeg reeds om die strande te verbied gedurende die feestyd. Wat maak toeriste in die Kaap en Natal as strande verbode terrein is?
Hoeveel aktiewe gevalle is siek in hospitale en hoeveel “asimptoties”?

Charles ·

Die akuraatheid van die toetse is baie verdag, die toets lyk my tel enige virus op, skadelik en onskadelik. Daar moet miljoene positiewe toetse wees om almal vreesagtig te maak, sodat ons regte en vryhede vertrap kan word.

Ietsanders ·

Tieners word nie baie siek nie, of toon geen simptome nie……maar steek hul ouers en grootouers aan. Daar is ook baie mense wat net nie meer gehoor gee aan die versoek om maskers te dra nie. Sodra iemand in jou familie of vriendekring sterf, sal mense wakker word. Covit is nie speletjies nie en dink asseblief aan al die mediese personeel wat hul lewens elke dag in gevaar stel vir mense wat nie ‘n duit vir andere omgee nie.

Tsek! ·

Superverspreider-geleenthede soos parlements vergarderings miskien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.