Tweede groot busongeluk in KZN

Altesame 58 mense is beseer in die busongeluk naby Ixopo. Dit is die tweede groot busongeluk binne sowat ‘n week in KwaZulu-Natal. (Foto: Arrive Alive)

Tientalle mense is beseer in die tweede groot busongeluk in KwaZulu-Natal in minder as ʼn week.

In die jongste voorval is minstens 58 mense beseer toe ʼn bus Maandagaand op die R56 in die Umkomaasvallei naby Ixopo omgeslaan het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê minstens tien pasiënte het kritieke beserings opgedoen, 26 mense is ernstig beseer en nog 22 pasiënte het ligte beserings opgedoen.

“Die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle deur verskeie ambulansdienste na ʼn hospitaal geneem.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Volgens voorlopige inligting het die busbestuurder beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het.

Die ongeluk kom enkele dae nadat ʼn busongeluk naby Colenso verlede Dinsdagoggend die lewe van tien mense geëis het. Nog 60 mense is beseer.

Die bus het ’n versperring getref en verskeie kere gerol. Die bus het oor die teenoorgestelde baan gerol en langs die snelweg in die veld tot stilstand gekom. Sommige van die insittendes is in die proses uit die bus geslinger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Misky ·

Is Fikile Mbalula nog minister van vervoer? Die vent is tjoepstil en skitter in sy afwesigheid.

Christine ·

hoeveel mense moet nog onnodig hulle lewens afstaan , omdat instandhouding van voertuie busse ens nie gedoen en opgevolg word nie, daardie mense betaal om van die diens gebruik te maak.

Swerwer ·

Geen kommentaar op hierdie nie, die ongeluks syfers styg by die dag

Sandra ·

Die bus ongelukke word nou ‘n algemene ding. Ek wonder of dit ook die Eldo busse is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.