Tweede grootste dwelmvonds in Noordwes

Mandrax-tablette (argieffoto)

Mandrax-tablette
(argieffoto)

ʼn 54-jarige vrou is in hegtenis geneem toe sy ʼn polisiebeampte glo met R60 000 wou omkoop toe ʼn dwelmlaboratorium op haar plaas in Boons, sowat 40 km buite Koster gevind is.

Thabo Sematle, waarnemende woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur, het Donderdag gesê beamptes was op roetine plaasveiligheidspatrollie toe hulle by ʼn geslote hek stilgehou het. “Volgens inligting het twee mans van die plaas weggehardloop. Die polisie het toegang bekom tot die plaas en ontdek dat dwelms vervaardig word. Die polisie het beslag gelê op dwelmmiddels met ʼn straatwaarde van meer as R8 miljoen,” het Sematle verduidelik.

Die vrou het glo R60 000 aan ʼn polisiebeampte aangebied as omkoopgeld. “Hy het die omkoopgeld van die hand gewys en die vrou is in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting Vrydag in die Koster-landdroshof verskyn op aanklag van die vervaardiging en verskaffing van geskeduleerde middels en dwelmhandel.”

Dié dwelmlaboratorium is die tweede grootste dwelmklopjag in Noordwes ná polisiebeamptes in April by die Kopfontein-grenspos dwelmmiddels ter waarde van R70 miljoen in ʼn valse kompartement van ʼn vragmotor gevind het. Die vragmotor was van Botswana na Suid-Afrika op pad. Die beskuldigdes in dié saak sal na verwagting op 28 Oktober in die Zeerust-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Savethetigerplz ·

Ek stem saam, gooi weg daai sleutel, hulle verwoes duisende (jong)mense se lewens .

Dottie ·

Nee vir ‘n R60 000 bribe is iets wat jy nie elke dag hoor. Jy ìs ‘n ware Polisieman!??

John ·

Nou kom ons eers agter selfs ons klein dorpies het fabrieke. En die uitvoere floreer skynbaar… Groei ons nou ons ekonomie met doepa?

ND ·

Gooi weg die sleutel sy hoort nie in die samelewing nie….dankietog

carol ·

DANKIE AAN DIE EERLIKE POLISIEMAN – BAIE MIN VAN JULLE! STEM SLUIT TOE EN GOOI SLEUTEL WEG!!!

carol ·

BAIE DANKIE AAN DIE EERLIKE POLISIEMAN!!! BAIE MIN VAN SY SOORT IN ONS MAG!!! JA NEE STEM SLUIT TOE EN GOOI SLEUTEL WEG

Victorious ·

Baie dankie aan Eerlike opregte polisiemanne wat ons en ons kinders beskerm. Ons salute julle!! Julle verdien ‘n medalje!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.