‘Tweede kans’ vir Wes-Kaap wat strenger regulasies vryspring

Groot Constantia in die Wes-Kaap. (Foto: Kaapstad-toerisme)

Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) in die Wes-Kaap het pres. Cyril Ramaphosa se besluit verwelkom om nie strenger inperkings weens stygende Covid-19-gevalle in die provinsie in te stel nie.

Dr. Willie Cilliers, uitvoerende hoof, sê te danke aan vinnige optrede deur die provinsie se leiers is daar in hierdie stadium nog geen nuwe inperkingsregulasies nie.

Cilliers sê dit is egter kritiek dat almal – gewone mense en sakeondernemings – hul protokolle verskerp en gedrag aanpas.

“Net soos die hele land nie strenger inperkings kan bekostig nie, kan die Wes-Kaap ook nie – veral nie nou oor die feestyd nie,” het hy gesê.

“Die Wes-Kaapse ekonomie maak veral staat op die toerismebedryf om te vergoed vir die reuseverliese van die afgelope jaar,” het hy gesê.

Cilliers waarsku indien strenger inperkings ook in die Wes-Kaap ingestel word, dit kan beteken dat wynplase, deel van een die sektore wat reeds erg onder die Covid-19-pandemie gebuk gegaan het, selfs verdere verliese gaan ly omdat besoekers niks oor naweke daar sou kon koop nie.

“Die restaurantbedryf het ook nou die kans om uit die as te verrys, maar as vroeër aandklokreëls aangekondig word, sal dit beteken hulle verloor kosbare tyd waarin hulle ’n inkomste kon genereer,” het hy gesê.

Cilliers het gesê die AHI wil alle vakansiegangers aan die Wes-Kaap verwelkom en gerusstel dat sakeondernemings vasbeslote is om saam te staan om die omgewing so veilig moontlik te hou.

“Ons moet as ’n land saamstaan om nie net die pandemie hok te slaan nie, maar ook die sukkelende ekonomiese sektors by te staan. Ondersteun asseblief die plaaslike winkels en restaurante op die dorpies waar jy op vakansie gaan, maar bly binne die voorgeskrewe maatreëls,” pleit hy.

Pres. Ramaphosa het Donderdag 3 Desember die Nelson Mandelabaai-metrogebied as ’n brandpunt verklaar en strenger regulasies geld voortaan vir dié gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Ja wel as die onbevoegde ANC en sy trawante eerlik KON wees het hulle die “korrekte kukturele” verteenwoordiging uitgewys van die wat rondloop met min tot geen respek vir ander se lewens nie? Bloot GEEN respek vir ander se lewens nie.

Blomme ·

So mense vd Ooskaap en oral oor is welkom om die virus verder in die Weskaap te kom aanblaas solank die toerisme net floreer!! Hoe slim is dit?

Jaco ·

Ek hoop die DA hou nou op met hulle gedurige toets toets toets vir corona. Hulle dink dit help om Corona te beveg, maar eintlik speel dit reg in die ANC se planne om die Wes-Kaap vas te vat. Al die getoetsery stoot net die corona syfers van die Wes-Kaap op. 99% van dié wat posetief toets, het in elk geval net ligte simptome.
‘n STERK sekondêre plan van die ANC met inperking is om wit besighede te laat swaarkry en bankrot te maak. Ramaphosa het dit in heel ander woorde erken toe hy gesê het dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. Die feit dat die Wes-Kaap nie laas Vrydag strenger ingeperk is nie, is BLOTE geluk. As die mense in die Wes-Kaap nie vinnig hulle by al die corona reëls hou nie en as die DA in die Wes-Kaap nie vinnig ophou toets toets toets nie, dan sit ons tans in ‘n stilte voor die storm. ‘n Storm waarin die DA en die wit mense van die Wes-Kaap genadeloos onderdruk gaan word…

Lucy100 ·

Die getalle word aangepas soos die ANC hulle plan deurvoer. Ek glo nie enige iemand weet regtig hoeveel mense het die virus nie.. In elk geval nie in Suid-Afrika nie.

Lucy100 ·

Die wêreld is oorbevolk. Dis die natuur se manier om terug te baklei. Nou meng die mens weer in. Almal moet tog een of ander tyd dood gaan. Plaas los hulle maar net uit, sodat die natuur doen wat dit moet.

Karina ·

Ai ja die arme Port Elizabeth het weer ‘n taai klap gekry met inperkings. Gaan na die areas waar geen maskers gedra word nie, begin daar vas te vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.