Tweede kenner sê Henri se wonde is self toegedien

Prof. Johan Dempers. Foto: Catherine Rice/ANA

ʼn Mediese professor en forensiese patoloog het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig die wonde wat die moordbeskuldigde, Henri van Breda, op 27 Januarie 2015 opgedoen het, is waarskynlik self toegedien.

Johan Dempers het in Augustus 2015 ʼn verslag saamgestel nadat hy foto’s van Van Breda se wonde geanaliseer het. Die getuienis wat hy Woensdag gelewer het, was soortgelyk aan die van dr. Marianne Tiemensma wat vroeër getuig het Van Breda se wonde is moontlik self toegedien en het aansienlik verskil van die wonde wat die res van sy gesin opgedoen het.

Van Breda (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.

Dempers het aan die hof gesê in sake waar meer as een familielid saam vermoor is, kan daar baie min onderskeid tussen die individue se wonde getref word. Hy het getuig hy vind Van Breda se bewerings, dat die aanvaller bedoel het om hom ernstig te beseer, moeilik om te glo.

Hy het gesê Van Breda het nie verdedigingswonde gehad nie, anders as sy ma wat verdedigingswonde aan haar vingers gehad het wat nie met Henri sʼn ooreenstem nie. Martin en Rudi het ook soortgelyke houe teen die kop opgedoen wat skedelfrakture veroorsaak het, het Dempers aan die hof gesê.

Adv. Susan Galloway, senior staatsaanklaer, het aangevoer Van Breda is regshandig wat dit makliker sou maak om wonde aan die linkerkant van sy lyf toe te dien. Dempers het hiermee saamgestem.

Dempers het gesê mense beweeg rond wanneer hulle baklei. “In ʼn situasie van lewe en dood sal jy die byl wild rondswaai”, maar Van Breda is nie op enige ingrypende manier gewond of beseer nie. Dempers het ook nie saamgestem met Van Breda se bewering dat die aanvaller die mes laat los het nadat hy hom gesteek het en dat hy die mes uit sy sy moes trek nie. “Ek vind dit moeilik om te glo dat ʼn aanvaller ʼn wapen in die middel van ʼn struweling sal los.”

Hy het ook getuig Van Breda se steekwond was oppervlakkig en het ʼn diepte van 1cm gehad.

Dempers het aangevoer hy het nie sy getuienis uit sy duim gesuig nie, maar het verskeie faktore in ag geneem: “Jy kyk na die wonde self, sonder enige agtergrondinligting en dan kyk jy na die afwykings teen die agtergrond van wat gebeur het, en derdens kyk jy na die toneel self en die ander betrokkenes se wonde.”

Hy het gesê net deur na die wonde te kyk het hy al agterdogtig geraak omdat dit “oppervlakkige krapmerke” was en sommige was parallel aan mekaar. Hy het gesê hy glo die krapmerke op Van Breda se arm en bors en die steekwond aan sy maag is self toegedien.

“Die slagoffer sou byna doodstil moes gestaan het vir iemand om daardie wonde toe te dien.”

Hy het tydens kruisondervraging toegegee dat sommige van Van Breda se beserings, soos rug- en kopbeserings, moontlik nie self toegedien is nie. “Daar is vir sommige van hulle ander moontlikhede,” het hy gesê.

Dempers het gesê hy het met ʼn stuk varkvleis geëksperimenteer om te sien of die mes wel in Van Breda se maag kon vassteek en het gevind dit is wel moontlik, aangesien die mes ʼn paar sekondes in die vleis vasgesit het voordat dit uitgeval het. Hy het gesê varkvel is egter aansienlik dikker as menslike vel.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Nie een wil sê hy het dit gedoen met oortuiging nie , wat soek hulle in die hof wat net ja en nee antwoorde soek.

Genieve ·

Se ek ook Johan.Kyk hier word weer bevestig dat hy homself seergemaak het..hy lieg vani begin af.Is die mense dan doof of blind.Hy maak notas ini beskuldige bank,en hoe kry hy dit reg.Dis die 1ste keer dat ek dit sien.

Ekke ·

Oscar het ook notas gemaak. Wonder hoeveel geld wil hulle nog mors. KYK, more gaan nie vir meneertjie lekker wees nie.

Robert ·

Johann en Genieve, dit is huidiglik net die getuies van die staat wat getuig die getuies van die verdediging kom ook nog. Voor dat die sitting vandag begin is is daar sekere frases uit dempers se verslag gehaal wat direk impliseer dat hy dit gedoen het, na klagte van die verdediging is dit uit gehaal. Dit is vir die regter op die einde van die dag om te besluit of hy skuldig is of nie. Onthou met die OP saak het Gerrie hoeveelkeer reguit vir OP gesê hy lieg en hy het haar vermoor, maar dit is vir die regter om te besluit. Henri kan notas maak soos hy wil, OP het dit ook gedoen, hy moet net versigtig wees oor wat hy vir die verdediging gee want as dit nie strook met sy verklaring nie is hy in groter moeilikheid. Daar is berig dat ‘n advokaat hom aan ‘n saak onttrek het in die Kaap deurdat die beskuldige sy weergawe van die gebeurtenisse begin verander het, so hy dra die risiko dat adv Botha kan onttrek en dan is hy in tamatie straat.

Susan ·

Hoe Gaan Hy Sy suster ooit weer in die oë kyk. Mag Sy haar geheue terug kry oor daardie aand dat daar behoorlik reg kan geskied. Weet Skok kan ook ñ mens se geheue so blok dat jy niks kan onthou nie want die ervaring was te traumaties…….so hartseer

Ai ·

Ek het die einste woorde al voorheen gelees- dat van die wonde is self toegedien en ander wil voorkom asof dit nie self toegedien is nie. Dis hoekom ek dink hy nie alleen gewerk het nie en dat sy medepligtige hom moontlik aspris oppervlakkig gewond het want hy kon homself nie seer genoeg maak nie.

Om een of ander rede wou Maroela n vorige keer nie my kommentaar plaas waar ek iets soortgelyks gese het nie. Dis net n opinie. Of mag daar net die populere generic opinies gegee word?

Helen ·

Ek vermoed ook dat daar nog ‘n medepligtige in hierdie moordsaak is en dat almal geskok gaan wees wanneer die waarheid gaan uitkom oor wie die persoon is.

SARIE VAN HEERDEN ·

AS dit sou wees dat Henry v Breda die moorde gepleeg het sal kundiges vir ons moet verduidelik wat aanleiding gegee het daartoe dat ‘n oenskynlik gelukkige jong man, soiets sou kon doen. Hulle was ‘n welgestelde familie en het oenskynlik geen probleme ondervind nie, hy was wel ‘n middelkind EN hy moes emosionele probleme gehad het die dat hy ‘n spraakgebrek gehad het. Hy het ook ‘n dwelmprobleem gehad. Gooi alles bymekaar en jy kry ‘n “deurmekaar” kind en die uiteinde is ‘n baie groot tragedie1

Kollie ·

Die buurvrou oorkant die straat het getuig dat daar ‘n ergerlike woordewisseling (bakleiery) laataand was. Dit was so erg dat sy ondersoek gaan instel het om haarself te vergewis waarvandaan die geskreery kom. Die verdediging het nie die lawaai ontken nie maar het gesê dis die tv/klankstelsel, wat die buurvrou ontken het. Ek reken ook daar is nog ‘n persoon betrokke. Dit lyk asof slegs sy broer ‘n maklike “prooi” was (hy het waarskynlik geslaap). Die ander gesinslede het almal kom ondersoek instel. So nie so maklik vir een persoon om hulle ook gelyktydig te vermoor nie.

jaco ·

Henry se ouers was skatryk. wat ek dus graag wil weet is, hoekom deel 2 broers ‘n kamer in daardie mansion van ‘n huis???

Santie ·

Ek kyk na ‘n program op crime (ware verhaal), Hierdie aangenome seun was die enigste persoon in die huis toe sy ouers geskiet is. Hy was ‘n lui en opstgandige kind soos tieners maar is. Maar was baie lief vir sy ouers. Alhoewel hy alles bly ontken het, is hy skuldig bevind en tronk toe gestuur. Almal het hom die rug toegekeer. Na 6 jaar (in die tronk) het ‘n ander ondersoekbeampte bevind dat daar baie gate in die saak was. Die arme ou is vrygelaat en die moordenaar is opgespoor. Kan julle dink hoe hy moes voel gedurende hierdie tyd? Daarom is dit so belangrik dat alle getuienis na die tafel kom voordat die REGTER ‘n ingeligte oordeel kan maak. Hy moet in sy siel oortuig wees met feite van wat om te doen. So, kom ons wag eerder vir die hofsaak om klaar te maak voor ons “skuldig” skree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.