Tweede man in sweeftuigongeluk sterf

Stuart Lithgow (Foto: Facebook)

Die man wat vandeesweek in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal gehaas is nadat ʼn sweeftuig naby die Plettenbergbaai-lughawe in die Wes-Kaap neergestort het, is sedertdien oorlede.

Sers. Chris Spies, woordvoerder van die polisie, het Woensdagoggend aan Maroela Media gesê die man het Maandag in ’n hospitaal in Knysna aan sy beserings beswyk.

Hoewel Spies nie in die stadium die man se identiteit wou bekend maak nie, is hy op sosiale media geïdentifiseer as die vlieënier Stuart Lithgow.

Lithgow was voorheen ’n vlieënier vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en was ten tyde van die voorval afgetree.

Medelye stroom sedertdien in.

Foto: Bitou-munisipaliteit

“’n Hartseer dag in die lugvaart. Rus in vrede,” het ’n Facebook‑gebruiker geskryf. ’n Ander beskryf Lithgow as ’n legendariese vlieënier.

“Rus in vrede kaptein! Wat ’n eer om saam met hom te kon vlieg! Een van die grootes [sic]!” lui nog ’n huldeblyk.

Maroela Media het vroeër berig nog ’n man is Maandag op die toneel dood verklaar. Die omstandighede rakende die voorval is steeds onbekend. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek, het Spies gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Annemarie ·

Dis bitter hartseer. Ek het saam met hom gevlieg en dit was n onvergeetlike trip. Dit was op my bucket list om weer n rit te doen. Sterkte San die familie.

Israel ·

Ek en my seun het al saam met hom gevlieg ai dis baie baie sleg hy was n baie nice ou

Vlieënier ·

Ek het dit dat Stu op die ongelukstoneel oorlede is, en dat die persoon wie saam met hom was gister in die hospitaal oorlede is (?)

Kandas ·

Volgens berigte is Stu op die toneel oorlede, en passasier hospitaal toe, waar hy Maandag beswyk het aan sy beserings… Baie sterkte aan geliefdes en vriende wat in absolute hartseer en skok agterbly.

Kandas ·

Verskoning… 2De persoon is Dinsdag(nie Maandag) in Knysna hospitaal oorlede.

Danie Minnaar ·

Johan Dormehl is op slag dood, maar Stuart is 3 ure later in die hospitaal oorlede.

Josua Keys ·

Dit is regtig hartseer om sulke dinge te lees juis omdat ek so lief is vir lugvaart, ek dink die man sou dit so verkies het om sy lewe te verloor, hy het gedoen waarvoor hy lief was en dit is om te vlieg en het sy lewenspassie uitgeleef en geniet en ek glo su familie sal dit ook so aanvaar. Sterkte aan al die Familie en vriende wat hy agter gelaat het maar ek glo hy het baie herinneringe om aan vas te klou ook agter gelaat.

Klasie ·

Die probleem is dat mense nie weet waar om die streep te trek nie. Daar kom ‘n tyd dat jy te oud is vir werk, te oud is vir bestuur, te oud is vir vlieg…. en o, bly van hoë dakke af!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.