Tweede matriekvraestel lek uit

(Argieffoto: pixabay)

Daar is groot woede nadat nóg ʼn matriekvraestel, dié keer die tweede fisiese wetenskap-vraestel, ook uitgelek het voordat leerders dit kon aflê.

Dít nadat die tweede wiskundevraestel verlede week in agt van die nege provinsies uitgelek het. Die departement van onderwys het die Valke se hulp ingeroep om dié voorval te help ondersoek en sê die ondersoek is in ʼn gevorderde stadium.

Die nasionale raad van onderwysministers het Maandagmiddag dringend vergader om die uitwerking van die jongste voorval te bespreek. Die onderwysdepartement sê hy het nou spanne na alle provinsies gestuur om veiligheidstelsels na te gaan.

Die raad het ook sy groot kommer gelug oor die ontwrigting wat die uitlek van die vraestelle veroorsaak in ʼn stelsel wat weens die Covid-19-pandemie reeds verskeie uitdagings agter die rug het.

“Dit is jammer dat mense aanhou om by so iets betrokke te wees, selfs al kan die gevolge vreeslik wees,” het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê.

“Ons veroordeel die gedrag van diegene wat die integriteit van die eksamen ondermyn ten sterkste. Dit veroorsaak ongekende spanning vir die leerders wat uitsien daarna om skool na ʼn eerlike eksamen te verlaat – nie een wat by kullery betrek word nie,” het sy gesê.

Die raad ondersoek nou verskeie moontlikhede om die eksamen te beveilig, maar wou weens veiligheidsredes nie hieroor uitbrei nie.

“Ons wil die publiek verseker dat ons hard werk om die eksamen te beskerm. Die Valke was baie behulpsaam en daar is bemoedigende ontwikkelings aan hulle kant,” het Motshekga gesê.

Die departement werk intussen ook saam met provinsies om die nuwe maatreëls in werking te stel om die res van die eksamen te beskerm en diegene verantwoordelik vir die uitlek van die vraestelle, aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Yvonne ·

Watter gevolge sal daar nou wees vir die bloedjies….oom Mal ema sal kom help

JM ·

Skelm is Suid-Afrika se wagwoord in alle opsigte vir die laaste 26+ jaar, die begrip integriteit en eerlikheid bestaan nie. Dit is om van naar te word!

Chantel ·

Die tipe goed gebeur orals oor die wêreld nie net in SA nie, maar dit bly steeds sleg.

Hennie J ·

En die fat cats van amalusi sit nog knus in hulle jobs en trek die vet pay! As hulle liggame nie met diafragmas toegerus was nie sou hulle sekerlik van gebrek aan suurstof omgekom het!

Johan ·

Julle kan ons nie beskerm nie hoe gaan julle dan nou vraestelle beskerm, lekker grap ne.

Jakes ·

Dit sal my nie verbaas as al lek al die vraestelle uit dat die druip punt nog steeds uitermatig hoog sal wees nie.

Nie Verbaas ·

Met ander woorde nie eers 30% behaal nie. Hoog waarskynlik ja.

Jakes ·

Sal my nie verbaas as daar nog in die toekoms n vereiste gaan wees dat vraestelle n week voor die tyd aan alle leerlinge gestuur moet word om die vrae met sukses te kan beantwoord nie want elke jaar neem die lek van vraestelle toe en tog bly die druip punt hoog.

Is jy seker? ·

33% nodig om te slaag. Baie gaan steeds druip… Wat vir my tragies is, is dat almal ‘n “office job” soek. Bel ‘n loodgieter of elektrisiën uit… 30 minite se werk kos meer as ‘n dr. sien. Ek oorweeg dit om van finansies te beweeg en ‘n ambag te leer.

Mieke ·

…… en in USA moet ‘n student bó 75% hê om ‘n nagraadse vak te slaag!!!!

Dup ·

Dit is hoe dinge werk…..alles word vervals en gekoop of verkoop….grade,vraestelle,lisensies,paspoorte,id dokumente,CV’s ens. ens.

Jaco ·

Net die regtig moeilike vakke, waarvan die standaarde weens vaste wetenskaplike reëls nie verander kan word nie, se vraestelle lek uit. Mark my words, maklike vakke waar standaarde reeds erg laag is, soos lewensoriëntering en geskiedenis, se vraestelle gaan nie uitlek nie.

Rina ·

Ek weet nie of Geskiedenis altyd maklik is nie, in my tyd op skool, was dit beslis nie ….
Maar al die snaaksighede waarvan die arme kinders nou moet leer, weet ek nie of dit maklik is nie, net ‘n klomp snert ….
En wat help dit om te ontken sekere dinge het plaasgevind? Dit help NIEMAND! Ontkenning wis nie die verlede uit nie!!!
“History has to repeat itself, because no one ever listens.”
Laat die kinders eerder relevante dinge leer, ek skud net my kop deesdae …

Sarel ·

Julle bekamp mos nie Korrupsie nie en dit is die gevolge Minister. Kan net in jou Departement wees

Nie Verbaas ·

Ek wonder of ANC n honderd suigstokkies suksesvol kan beheer en uitdeel.

Rentia ·

Ai… en nou so vreeslik geskok daaroor. Dis elke liewe jaar se storie, elke jaar word spanne aangestel om te ondersoek HOE so iets gebeur, elke jaar gebeur niks en volgende jaar begin ons weer van voor af. Dalk moet ‘n paar binne die departement ook ondersoek word voor julle na buite soek. Dit is mos nou al oor jare bewys dat vraestelle verkoop word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.